• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Resep vir Kraagserp...

Started by Angelica, May 29, 2012, 08:46:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Resep vir Kraagserp..

Benodigdhede:
1  Koue Winterswind wat jou keeltjie-area teister
1  Oulike Wolwinkel genaamd  Thimbles & Quilt       
2  Dames wat soekend is na ietsie om hul hande mee besig toe hou             
1  Bol Osbloedrooi  Mohair wol     
1  Paar No 6 breipenne     
1  Gewillige dame wat jou kan leer steke opsit

Metode:
Cast on 30 stitches, sê die gewillige dame.  Ons cast on 30 stiches.  En toe gaan dit sommer vinnig, want plain brei is eezy-peezy.  Ek en Mamma baklei amper om die al langerwordende serp te brei. 
Brei tot die bol wol amper klaar is.  Hou een liniaal-lengte stukkie wol om die serp vas te werk.
Jou handewerk sal nou ongeveer 500mm lank wees.
Cast off.
Nou moet jy naald hê met 'n groot oog en stomp punt.  As jy nie een het nie, loop weer na Thimbles & Quilt en gaan koop een vir R10. 
Werk die boonste en onderste kante aan mekaar.  NIE die sykante nie, want dan het jy 'n scarf vir n pop.
Die ringvorm van 'n kraagserp trek jy oor jou kop en siedaar!!   'n Kraagserp.
Nou kan jy jou kraagserp optêrt soos jy wil.  Met 'n mooi borsspeldjie uit Ouma of Mamma se oerversameling fake steentjies of 'n mooi knoop.  Nie nodig.

Waarskuwing:
Moenie Mohair gebruik, dit kielie en krap die keeltjie-area.

Jy sal vir Pappa en Daddy en Liefie en die kinders en selfs die hond wil brei.  Tjop-tjop en Eezy-peezy.
Laat jou verbeelding op loop sit.

©Elsabé

elle

Meraai vannie Baai

Ek wil nou op die daad ingaan stad toe, ek soek so kraagserp!! Jy is dierbaar Angelica en soos jy kan sien, jou resep is aansteeklik (pun intented)  :love7: :notworthy:

Naas

Dankie. Dis die volgende projek vir die meisies wat breiklasse by my loop.   :hello2: :hello2:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Naas - laat my weet wanneer jou klasse begin - ek kan nie brei nie en sal so graag wil ... net dalk kry jy reg wat my ouma en ma my nie kon leer nie  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Ek gee breiklasse vir die leerders gedurende pouses. Dan sit en kwetter ek saam met die meisies soos ou vriendinne terwyl die naalde klikketie-klik. Omdat dit eksamentyd is sal ons eers volgende kwartaal weer begin.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

laat my weet hoe laat pouse is en watter dag .. dan is ek daar elke pouse om saam te kletter .. ek kan net nie waarborg dat iets op my naalde sal gebeur nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie Engeltjie, ek het gewonder watse "resep" is dit die.  Groot geniet! 
Om te weet is om te verstaan.