• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Groot emosionele probleem

Started by PM, June 19, 2012, 09:46:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het ook altyd so gevoel my matertjie, maar nou is dit hier op my voorstoep, in my hartkamer en ek bloei saam met hulle. 

Dit is voorwaar 'n pendoring!

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die gom v.d. huwelik is vertroue, wedersydse vertroue. As dit gebreek is val die huwelik uitmekaar. As jy besluit om voort te gaan daarmee sal dit NOOIT weer dieselfde wees nie.
Ek stem saam met Trappies... Daar is 'n besluit geneem om die klere uit te trek. Dit het nie sommer op slag gebeur nie. En gewoonlik was daar maande lank beplan aan so 'n stap want dit moet "geheim" en "skelm" wees want albei weet dit gaan verkeerd wees.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

The heat of the moment is dikwels nie maande vooruit beplan nie ... maar 'n oor en oor van affair na affair draf ...  wel dis gemeen en laag ... ook nie noodwendig beplan nie ...

Beplaning neem deurdengte gedagte gange in 'n raamwerk van wees en nie wees nie ...

En iemand wat gereeld homself/haarself in 'n affair bevind kan beswaarlik dink ... hulle voel net ... dis hoekom dit gevaarlik is om gevoelsbesluite te neem eerder as om verstandbesluite te neem.

Mens moet maar versigtig wees om te hard te oordeel of te weet die persoon het beplan/gedink/geweet/   ... mens staan net in jouse eie skoene met net jou eie myle agter jou ... 'n ander man se spore is moeilik om presies weer getrap te word ...

:coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek stem Naas. Dit is daardie gom wat my bekommerd het.

Daar is iets wat knaend by my opkom, my pa se woorde: leer uit 'n ander se foute, daar is net nie genoeg tyd om dit self te maak en te probeer om daaruit te leer nie. 
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

so n vraag loop ook hir in my kopkamer rond... sou diesulkes wat wel besluit om die "skuldige" terug te vat
juis oor die vergeet stukkie kan kom en op n stadium "daaroor" kan kom om wat was weer te he en beter daarna?  :triplets:

Ah Willa

WW party mens kan en ander nie - dit hang maar van persoonlikheid, gesindheid, omstandighede, kutuur en familie waarin mens leef af ...

en dis maklik om te se: that is so wrong - I will never ever do that ... of ek sal dit nooit toelaat of vergewe nie ... todat jy jou in daardie bootjie bevind .... dan dink mens anders ...


Quote from: werelde weg on June 21, 2012, 09:24:37 PM
so n vraag loop ook hir in my kopkamer rond... sou diesulkes wat wel besluit om die "skuldige" terug te vat
juis oor die vergeet stukkie kan kom en op n stadium "daaroor" kan kom om wat was weer te he en beter daarna?  :triplets:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

bloubefoeterd

Om uit daai beker te drink is bitter. Dis 'n bitter beker en jy drink hom alleen, of jy aan die oorsaak kant of die ontvang kant van die vergelyking is.

In my ondervinding....'n Affair is dikwels die simptoom van probleme in die paradys en nie altyd die oorsaak nie.......

Naas

Natuurlik BB. Daar's altyd 'n slang in die gras wanneer dit by affêres kom.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

werelde weg

ja...  :icon_bigsmurf: slange is gewoonlik die probleem in affairs  :dontknow:

Angelica

Ahhhh....  BB,  simptoom en nie die oorsaak.  Spyker op die kop.
Ons het gedink dit is maanskyn en rose en die pienk bril het die blou nie raak gesien.
Kom ons aanvaar dat daar altyd klein probleempies en issues sal wees.  Deal with it.  Sorteer uit voor dit kleintjies kry.     :violent1: :argue: :boxing:
Wees realisties en stel jou maat eerste.  En dit moet natuurlik van beide kante kom. 
Elkeen moet 100% gee in die huwelik of verhouding.

:love7:
elle

PM

Ek stem vir daardie een.  Hannes gee 100% en ek ontvang 100%  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Andre gee ook 100% en ek ontvang 100%  :toothy4:

maar ja - dit is werklik 'n moet gee 100% sonder om 0 terug te verwag.
Oop en eerlik wees - nie net teenoor jou maat nie, maar JOUSELF ook - dikwels lieg die persoon so vir hom/haarself dat hy/sy hom/haarself glo en
dan iets voorgee vir die maat wat nie is nie en dan eendag val die kaarte inmekaar en is albei erg ontnugter
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w