Het vanoggend oppad na my werk, 'n interessant opmerking gehoor. "Happiness is a Choice".
Ek glo ek is 'n baie gelukkige persoon. Ek is ook (ek glo) baie positief. Maar wat is geluk nou eindlik.
Ek is op my gelukkigste op my eie, met my eie geselskap. Dan ook is ek op my gelukkigste as ons klomp bymekaar kuier oor 'n glassie rooikoeldrank (want ek drink mos nie)
.
Soms voel ek net om my eie geluk en positiwetyd (jammer weet nie hoe spel mens dit nie) weer bymekaar te bring,dis dan dat ek 'n tree terug moet staan en na buite kyk. Dis dan wat ek eindlik skrik. Dis dan wanneer ek dinge sien wat vir my totaal onaanvaarbaar is. Hoe mense mekaar gebruik en misbruik vir wat ookal. Maak dit hulle gelukkig wonder ek? (sien ek gaan met kleppe om my oë deur die lewe)
Moenie kom-kommer nie, ek word nie gebruik of misbruik nie, daarvoor is ek te hardekwas...
, dis met my terug staan en die mensdom so kyk dat dit my opgeval het. Verhoudings wat verbrokkel, familie wat ander familie sleg se op die publieke sender. Dan wonder ek, is hulle gelukkig? Want sien ek is geleer, jy kan nie geluk (maak/kry) op iemand ander se ongeluk.
Het hulle dit vergeet? Of is hulle so in hul eie haat dat dit nie meer saak maak nie? Ai....die mensdom, nou verstaan ek die woord baie beter. Die mens is baie dom.
Dankie vir jul ore
Of sal ek eerder skryf oë...