Stof aan die woord: Laat ons hierdie toetsstruktuur, wat hier geplaas is om die nuwe bord te toets, maar die LUIS digstruktuur noem.
Dit bestaan uit een vers as kern, met agt daaropvolgende verse. Elke reel in vers een, wat 'n sinmakende eenheid behoort te vorm, is ook 'n opskrif vir een van agt daaropvolgende verse. Dit simboliseer die luis se lyf as die kern, met die agt satelietverse as pootjies. die laaste vers, wat op die kernvers en die agt pootverse volg, is net twee reels lank. Dit simboliseer die luis se twee kort voelertjies. Die ideaal is dat die finale konklusie van die gedig, in die voeler-vers verwoord word.
Dit is wenslik dat die deurlopende rympatroon kruisrym sal wees, aangesien 'n luis se pootjies nie saam met mekaar beweeg as dit loop nie, maar oorkruis.Meraai: Hier is die naaste wat ek aan jou riglyne kon kom Stof
Ek nooi julle uit na die 'Stofferige vertoning'. Gebasseer op die 'Luis Struktuur' waar elke strofe op sy eie kruisrympaadjie kruip van die verhoog, tot die gehoor en die 1ste strofe as kernvers, 'n omskrywing is van die res van die 8 satelietverse ala pote
Die gordyn sak dan oor die opsommende koeplet as die voeler-vers
'Phtiraptera - Die Parasiet'Ons stel (met 'n ril) aan u voor -
Pediculidae en Pthiridae!
En hier is twee erelede van die koor -
Menoponidae en Haematopinidae!
Gordyne open sysag ...
die musikant pluk 'n snaar
Die gehoor grynslag ...
'n man sit en staar
met 'n krap-krap hier
en 'n krap-krap daar
is kolle wat ontsier
as bewyse bewaar!
Tra la la ...
weerklink die wysies
Ka ka ka ...
eggo die laggies!
Bedags skuil jy kamma sku
in donker gleuf en vou
maar snags kom suig jy slu
aan onwillige gasheer of -vrou
As jy nie so arig grillerig was,
sou ek straks 'n versie kon maak;
selfs dalk potig met die kwas,
kriewelrig ons kon vermaak!
Wie sal dan tog wou hoor
van Stof, die 'onkuise luis'
al was die applousende gehoor
wel 'n dawerende teenbewys!Tra la la ...
weerklink die wysies
Ka ka ka ...
eggo die laggies!
Soos verwelkte blomme in 'n duur vaas
sak die gordyn ... met die laaste kwatryn.
Op die program in sy hand, lees Stof vir oulaas
die voetnota (voordat dit in die asblik verdwyn)
*Vampier van die insektewêreld*
"Die Vlerklose Dracula"
©Meraai vannie baai