• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Help met die woord cobblestone pad.

Started by PM, May 17, 2011, 10:17:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek soek na 'n mooi woord om te gebruik vir daardie klippad wat in die outyd gebou is.  Wie kan help?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nou vra jy my  :icon_scratch: ek is so ongeletterd soos 'n kleipad.

Bolletjiespad
Kleisteenstraat

Nee o wee jammer PM my se koppie is plat vandag  :dontknow: 

:angel12:

PM

Ek het gewonder of hobbelklippad kan werk?  Ek is al moeg gedink.  Die woordeboek praat van keisteen,  maar o liewe tyd,  niemand sal weet wat dit is nie! 
Spoelklippad kan dalk ook werk.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek het nou deur al wat 'n woordeboek is, gegaan. Woorde soos grint en keisteen kom op. Jy is reg, daar is nie regtig 'n woord wat 'cobblestone' beskryf dat almal sal weet presies waarvan jy praat nie. As jy van 'n klippad gaan praat of skryf, sal jy meer beskrywend moet wees sodat jou leser / skrywer sal weet. Hobbelstraat / -pad kan vol hobbels wees. Grintpad is net te... daar doer waar niemand nog geloop het nie. Hobbelklippad dalk? Dit is sover ek kom met 'n benaming.
elle

Naas

Vir my is dit 'n skilpadpad omdat dit vol hobbels is en jy nie te vinnig daaroor kan gaan nie.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Ek dink ook van al die woorde is skilpadpad die oulikste. Gelukkig is dit nie my se besluit nie.  :icon_scratch:

:angel12:

Angelica

Giggles... Hou van die 'skilpadpad'. 
elle

PM

Skilpadpad kon werk,  maar dit is nie baie beskrywend nie.   :toothy4:   Natalie se storie,  Spookkoets,  moet 'n Afrikaanse woord kry vir "cobble stone pad" vir ons boek,  en ek brand vas. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dan is die regte woord "spoelklippad" (een woord want een begrip.) of (rivierklippad.)
Cobble stones is mos spoel- of rivierklippe.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas,  ek sal die keuse aan Natalie oorlaat.  Ons sou gister 'n bietjie werk daaraan maar het so lekker gekuier, werk was laaste op die agenda en toe loop die tyd uit!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.