• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Roos

Started by Naas, April 30, 2012, 08:05:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek wens ek had 'n roos
'n bloedrooie
vir elke vriendelike glimlag
wat elke dag na my kant kom.

Ek sal die paar of vyf
in 'n waterglas rangskik
in die middel van my lessenaar
waar ek heeldag daarna kyk
en die rykdom daarvan
in my hart bewaar.

Ek wens ek had 'n roos
van enig ander kleur
vir elke frons
vir elke vloek
wat elke dag na my kant kom.

Ek sal die bondels
met my arms omhels,
dit verkwansel by verkeerslig
en met die geld verdien
al my skuld betaal.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Dit is so mooi Naas.  'n Pragtige kontras, ook "die lag met 'n traan gevoel" wat dit by my agterlaat!
Hier is vir jou 'n bloedrooie vir jou vaas.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek hoop ek gee jou net rooi rose!!

Mens maar jy kan buite die boks werk - jy moes al 'n paar Veertjies gekry het ... vir wie moet ek wakker skop sodat jy ook 'n veertjie kan kry!!  Jy weet mos daai veertjies wat die digters kry wat so befaam is!  Hulle kan almal my jou om leer!  Gelukkig het ek die voorreg om jou woorde te beleef!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

en as jy genoeg veertjies het, kan jy dit in jou bek vasbyt en Pretoria toe vlieg.  Wag net eers tot ek tuis is.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.