• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maak reg vir die groot trek.

Started by PM, January 29, 2019, 07:49:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ai, dit is baie besig hier by ons.  Hannes het die laaste week besproeiing in die kweekhuis en die tuin aangebring.  Ek is steeds besig om die yskaste en vrieskas leeg te kry en te was.  Al die kos in die kaste moet uit.  Met die hitte wat ons hier het hou meelprodukte nie lank nie of die miet oorval dit.  Drie maande is 'n lang tyd in die bosveld. 
Ek het nog twee dae tyd om op te ruim, skoon te maak en te pak, dan gaan ons Gerhard toe en Maandag vlieg ons.  Ek kan nie glo die tyd het so gou verby gegaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Sterkte met al die gepakkery en skoonmaak.   Ek was gister by Gerhard gewees om te kyk na van hulle produkte, maar hy was toe nie daar nie.
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Sterkte met die pak mater. Groot werk. Pas julle self mooi op groot asb. Geniet wat julle ook al gaan doen hoor  :love7:

PM

Dankie julle.  Ons is darem nou hier in Centurion.  Nog twee slapies dan is ons weg, maar voor dit moet nog baie dinge gedoen word. 
Ek sal darem kom groet voor ons vlieg. 
Om te weet is om te verstaan.