• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Ster Verdof

Started by Angelica, April 24, 2011, 12:18:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica



haar gees het gesterf
daardie nag
daar
op die yster katel
haar klein liggaampie
tot toe nog knus in slaap
het versteen
haar bloed gestol in aar:
'n asem het haar
in haar bed getel
geruisloos
met voorbedagte daad

haar hande
warm met die leiding na die kroesige bos

Pappa! Dis donker!

'Sjjjt, praat nie, kind', het sy gese

en hoog
hoog bo die dak het 'n ster verdof
klappertand

in stille gang gil sy steeds
die pyn van daardie nag
op die yster katel
elle

Naas

 
:notworthy: :notworthy: :notworthy:
Praggedig!
Hierdie daad bly vir my heeltemal onverstaanbaar...
:crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

haar bloed gestol in aar:  Dit laat my ook yskoud met koue rillings. 

Ek stem saam met Naas.  Die gedig is goed geskryf.   :notworthy: 

Baie welkom,  ek sien uit na nog! 
Om te weet is om te verstaan.

Louis

n werklike pragtige gedig en alhoevel ek dit seker al ses keer kom lees het vind ek dit nog bitter hartseer

PM

Dit is tog so dat sommige gedigte 'n mens knaend terug roep.  Die beste bewys dat dit 'n geslaagde gedig is!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie julle. Wreedhede aan 'n kind gedoen kan horribale gevolge he.
:angel8:
elle