• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 
News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM se "luipot"

Started by Meraai vannie Baai, April 16, 2012, 12:47:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

"luipot" (slow cooker)  :hello2: :notworthy: :book1:

PM

Raaitjie, miskien is daar nog 'n paar ouens wat 'n Afrikaanse naam wil gee vir die "luipot".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal wonderlik wees as ons nog 'n paar kan kry. Mal oor joune  :bootyshake:

PM

Dankie Raaitjie, ek het ook gedink aan "prutpot". 
Kan dalk werk as jy so 'n halfrym wil inpas iewers.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Ek lief jou luipot-prutpot Piet Magriet :hello2: :book1:

Angelica

Ou soetjies-prut.
Luipot.
elle

Meraai vannie Baai

Is ons taal nie betowerend mooi nie Angelica! Ek rol julle beskrywende woorde oor my tong van kies tot kies en hoor  hierdie luipot van PM soetjies-suutjies prut-prut  :love7: :notworthy:

Naas

As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#8
Drankbaar saam met jou vir die medikasie wat hierdie konsternasie kon afkeer en verhoed Meester Naas. Sterkte en drukkie is al wat ek kan skryf en gee van diekant af  :toothy4:

As gevolg van die kinners

suutjies-prut my moer
in my luipot.

Gelukkig

drink ek pille
wat keer
dat die luipot
in 'n drukpot verander
en my humeur oorkook
in 'n bedpot.

© Naas

:book1: :notworthy: :icon_salut:

PM jou slow cooker kan dan ook beskryf word as 'n lui-prutpot  :toothy4: Dit voel nou nes die oudae toe ons soveel pret gehad het rondom die skep van nuwe woorde en sommer klomp ander, kielielekker geboorte geskenk het op een erf!!

PM

Nou praat jy Raaitjie.  Ek voel al sommer weer sonskyn. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Naas hoe lekker lag ek nou - die kinders kan dankie se jy drink lagpilletjies - ek moes juis myne onlangs van een na twee vermeerder het, maar ek kan blykbaar nou net weer een gebruik om my prut-pot te laat luier :-)

Quote from: Naas on April 18, 2012, 09:42:33 AM
As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.

:icon_bigsmurf:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

Kyk nou net Raaitjie - ek hoop hierdie gedig van Naas kook in boek no 2  :icon_cheers:

Quote from: Meraai vannie Baai on April 18, 2012, 11:54:03 AM