• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

‘n Nuwe begin.

Started by Trapsoetjie, June 04, 2012, 09:38:00 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

'n Nuwe begin.

Vandag daal die wolke om my
'n onbekende toekoms wat ons lei.

Dagbreek vernuwe ons strewe,
gee hoop vir 'n ander lewe.
Breek weg van negatiewe denke.

Die lewe gee elkeen geskenke,
iets wat gebruik moet word,
al verstaan ek nie altyd die rede nie.

Is die soeke na niks vereers verby.

Die reis was my gits,
na 'n ander manier van lewe,
vir nou begin dit waarvoor ons eindlik moet strewe.
Geluk!

Dit wat ek nog altyd gehad het.

Wanneer jy my toevou en beskerm,
voel jou arms ferm
en tog sag.
Geluk    en liefde,
so, waarna het ek dan so lank geveg?



:angel12:

Ah Willa

wat vir die een of ander rede,
besef ons maar min wat ons het,
tot wat ons het nie meer met ons is nie

'n prag gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Dankie Willa. Ja met alles wat rondom ons gebeur kom ek skielik agter ek jaag na niks want ek het alles by my.

:angel12:

PM

Dit is puik geskryf matertjie. 

Kyk na die volgende:

Vandag daal die wolke om my
'n onbekende toekoms wat ons lei.

Dagbreek vernuwe ons strewe,
gee 'n hoop vir 'n ander lewe.
Breek weg van negatiewe denke.


Ek sou ook voorstel dat jy die leestekens as volg gebruik:

Wanneer jy my toevou en beskerm,
voel jou arms ferm
en tog sag.
Geluk     en liefde,
so, waarna het ek dan so lank geveg?

Dit bly natuurlik nog jou keuse.   :love7:


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Pragtig Trappies! PM jou voorstelle lyk puik. Is ons nie bevoorreg om mekaar so te kan help skuur en skaaf nie  :love7:

PM

Dit is voorwaar 'n voorreg.  Ons sal sien of Trappies ook daarvan hou. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dankie PM, ek hou van  :toothy4:...

Gaan dit so verander.

Lief julle baie

:angel12:

PM

Groot voorreg matertjie!  Ek is so bly om te sien daar is weer 'n bietjie ink in jou pen.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ja die ink is daar, maar die stories en woorde maal so in my, dat ek niks kan kry om sin te maak nie... :toothy4:

:angel12:

Ah Willa

laat die ink vloei - die forumfamilie sal jou help sin maak ... ek ondervind dit so oor en oor  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w