• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom PRAAT ons taal!

Started by Naas, March 26, 2012, 10:07:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek lees Ta' Raaitjie se "plonsgaatjies" en nog hier en daar ander mooi woorde en besef weer: "ONS TAAL haal asem. Dit LEWE en vra vir KOS"

‎"Afrikaners, landgenote,
roer die alies, lig die pote
Jul't 'n taal wat goed vir praat is.
Praat hom NOU voor dit te laat is."
Philip de Vos

Ek gaan Assie se Oupa weer 'n slag aan die dink sit en my taal vir 'n vakansie vat.

Hou die spasie dop...
K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans praat of wat?)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Ek hou hom dop. Sit op my stoeltjie en kyk aandagtig na die spasie. Die spasie van Nasie wat ons tog net nie moet weg blaasie.  :toothy4:

Ja ons het 'n lekker praat taal. Ek leer nog elkedag. Ek geniet dit om te leer. Veral as ek dan tuis dit kan uitspoeg en mense dink ek het 'n woorde boek ingesluk.  :icon_biggrin:

:angel12:

Ah Willa

ek het 'n baie oulike idioom gehoor vir iemand wat 'n bietjie te veel gedrink het ...

Hy het die mannetjie met die kurkhoed gesoen!   

ek dink dis pragtig  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#3
Krul my tone van plesierigheid vir ons ABC in afrikaans  :love7: Willa dit is 'n pragtige uitdrukking. Lief dit!

Naas daai plonsgaatjie sal ek gaan bewaar in ons boekie van woorde - spesiaal vir jou hoor  :icon_biggrin: En so ook jou meer as gepaste afkorting  :hello2:

Hier in die vreemde tussen die Kakies het ek jaar vir jaar nog liewer geword vir my taal. Ons praat so mengelmoes met die kinders omdat amper elkeen 'n lewensmaat het wat nie 'n woord in Afrikaans kan verstaan, behalwe onweersuitdrukkings (die weet hulle is swets weens die uitdrukkings op die ou se gesig en die klem op die woord LOL). Wil ek wan en dan bietjie 'nuus uitruil' gaan haal   :hello2: hulle 'n vertaalfunksie ergens uit die kuberruim en kom befonkfaai my woorde so dat gin siel in alle gevalle sou verstaan wat ek geskryf het nie.
My sinne maak nie sin as dit direk vertaal word nie :headbang:

PM

Seg my vriend mos vir my
hou jou taal spiekeries
gooi weg die vuurhoutjies
en hou by vieriekies.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lief vieriekies  :headbang: dit maak my kersie se liefdesvlammetjie brand soggens en sawens :love7: