• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM se mosselsop

Started by PM, January 23, 2014, 12:10:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

PM se mosselsop in witwyn en room. 

1 dosyn mossels
6 knoffelhuisies
1 ui gekap
1 en 'n half koppies wit wyn
1 takkie seldery
'n paar takkies basil (opsioneel)
'n paar stukkies pieterselie (opsioneel)
1 eetlepel botter
'n kwart koppie room

Kap die ui en ander kruie in stukkies en braai in 'n groot pot in die botter. 
Voeg die wyn by en laat kook. 
Voeg die mossels by, roer een keer en plaas die deksel op.
Stoom tot die mossels oop is.  Verwyder enige mossels wat nie oopmaak nie. 
Verwyder die pot van die stoof af, voeg die room by en bedien met jou gunsteling brood. 

Variasies:
Ek braai altyd so 'n half kilogram prawns in knoffelbotter en voeg dit by die mossels sodra ek dit van die stoof af verwyder het. 

Jy kan 'n handvol babaspinasie byvoeg en dit met fettuchine (of ander pasta) bedien, dit is ook baie lekker.
Om te weet is om te verstaan.

Terry


PM

Hier kry ons die "Green lipped mussels" of NZ mossels wat ook in die coromandel "gekweek" word.  Daar ontgaan die regte woord my.   :dontknow:
Dit is baie goedkoop en smaak heerlik. 
Om te weet is om te verstaan.