• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

O vrek, ek sien nou net...

Started by Angelica, June 16, 2013, 03:13:30 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

... hoe grys het ek geraak!!
Ek kleur my hare al vir jarre en nou is dit so 2cm uitgegroei. Ek kyk nou in die spieel en whaaaaaa!!!  dis net grys waar jy kyk.
Die son skyn nou in waar dit altyd donker is as ek by die huis kom.
Ek gaan nou dadelik daai potion kry to colour the grey away...  :laughing7:
As julle weer hoor van my, het ek nie een grys haar op my kop nie.
(En amper het ek besoek gehad van 'n BBP. Se nou net die persoon het my met my gryskop gesien?  O, die vernedering.)
elle

PM

O lekker lag ek nou.  Gelukkig het ek nie 'n grys haar op my kop nie, alles is al spiere wit. Dan het ek ook gevind mense het meer respek vir jou as jy grys is, want met grys kom die ondervinding.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek wou ook nou net seg as die BBP jou besoek het het hy/sy baie respek vir jou gehad.

Waneer is iemand BBP e in wie se oë is iemand BBP. Is idt inkomste wat dit bepaal, is idt die sameleweing? Ek hou niks van daai woord of benaming nie. Almal is ewe belangrik voor God. Dis 'n mensgemaakte ding en die wat as BBP gesien of behandel word misbruik dit soms.

My vrou en kinders is seker vir my die nr 1 BBP persone in die lewe.

PM

Elle het seker bedoel 'n baie belangrike persoon vir haar.   :love7:  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Inderdaad is ons almal BBP's vir Jesus.
Hierdie persoon is ook 'n baie belangrike persoon en ek doen moeite as hy kom kuier. 
En nee, nie een van ons het juis 'n inkomste wat tot die hemele reik of status wat 'n bloulig-brigade en rooi mat benodig.  Ons is net baie spesiaal vir mekaar. En omdat ek spesiaal is vir hom, doen ek moeite.
elle

PM

As hy weer daar langs kom dan sluit jy die deure en hou hom gevange!   :icon_biggrin:  "Shackel" sy been aan die kombuistafel vas, net lank genoeg om by die stoof en wasbak by te kom, maar kort genoeg om nie by die deur uit te kom nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

PM, nee, ek is te lelik as ek wakker word.
elle

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ummm! Ek sê mos lankal daai saamslaap is lekker maar die wakkerword kan dalk baie ontnugterend wees.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.