• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hou jou roksak toe

Started by Naas, October 03, 2011, 11:34:52 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My ou tanta wat in Holland woon
sy was so danig sterk,
sy keer toe mooi die nagwa om
daar voor die Roomse kerk

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.

As my ou man van die werk af kom
reën hy altyd nat
dan lag hy met sy vet ou vrou
dat die sweet hom so af tap

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.

Oom Daantjie werk op oom Kallie se plaas
En oom Daantjie ruik na gom.
Oom Daantjie se broek is dik gelap
en die meisies lag daarom.

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nou verlang ek my stukkend Naas.  Ek hoor Ouma Naas se stem en ek sien haar hier op die bank sit met die breipenne in die hand.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My voet tik ritmies die tyd ... en ek sing kliphard saam  :hello2: :notworthy: