• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fudge

Started by PM, January 30, 2012, 10:43:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

6 Koppies suiker
1 Blik kondensmelk
1 Kondensmelkblikkie vol water
3 Eetlepels goue stroop
250 gram margarine of botter
1 Koppie koekmeel
Knippie sout
Kwart telepel kremetart
1 telepel water (om kremetart op te los)

So maak mens:
Gooi suiker, water, kondensmelk, stroop, botter en sout in 'n kastrol.
Smelt op lae hitte.
Voeg meel by en sit plaat op hoog en roer gedurig.
Sodra dit begin kook, voeg die kremetart wat met een telepel water gemeng is, by.
Kook op hoog vir 15 minute terwyl aanhoudend geroer word.
Haal dit af van die stoof af en klits met 'n handklitser vir 5 minute.
Gooi dit in 'n gesmeerde pan en sny in porsies.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Liefie maak altyd fudge, hy is baie sterker as ekke as dit by kook en bak kom....
*The one and only AWESOME-EST