• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sago melkkos

Started by PM, March 30, 2011, 04:37:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 18 Guests are viewing this topic.

PM

3 liter melk
1 liter water
2 eetlepels botter
500 gram sago
2 teelepels geursel (karamel/vanilla-essens)

Maak die vloeistof warm,
sit die botter daarin,
roer tot die botter gesmelt het,
voeg die sago by,
roer tot alles gaar is,
voeg die geursel by.
Bedien.

Elke ou strooi soveel kaneelsuiker en/of stroop oor as wat nodig is.
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

mmmm, die een klink lekker patrysie...

PM

Dit is heerlik verby WW. 

Ek sou graag die resep wou hê waar 'n blikkie kondensmelk inkom.   Het dit lankal verloor.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

#3
gooi mens nie maar net kondensmelk in inplaas van die melk nie?
nog n vraagie gou gou... moet die sago eers le in melk voor jy dit kook of gooi mens dit net so in?

PM

Ek glo nogal as 'n mens die dis soet wil hê kan jy die kondensmelk verdun met water totdat jy die nodige hoeveelheid "melk" het. 

Ek het nog altyd net die "rou" sago so ingeroer en dit neem 'n rukkie om te kook totdat dit "glasogies" is.  Soms gebruik ek "tapioka" en dan week ek dit in die warm vloestof.  Tog het ek gevind dat die sago vinnig kook sonder om dit te week. 
Soms raak dit dikker as wat ek verwag en dan gooi ek maar net nog melk by totdat dit soos dikkerige pap is.

Ai,  hierdie resepte moet 'n mens maar beproef totdat jy die regte kombinasie het.  Kom kuier,  dan wys ek jou hoe.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

ai patrysie ek wil soooooooo graag kom kuier.. wonner of sampie my op sy fiets sal ko haal...  :icon_scratch:
ons noem dit padda eiertjies dis maar hoe ek met die naam groot geword het...
ek sal maar vir willempie vra of hy vir my vanit sal maak...