• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gekookte klapperys

Started by PM, January 30, 2012, 10:50:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Bestanddele:

2 Koppies suiker   (400 gram)
1 Eetlepel botter  (12,5 ml)
6 Koppies klapper (600 gram)
Kwart telepel kremetart
Kwart telepel sout
375 ml melk
'n Paar druppels rooi koek-kleursel.

So maak mens:

Plaas die suiker, botter, melk en sout in 'n kastrol.
Bring tot kookpunt en kook vir 7 minute.
Haal van stoof af, roer klapper en kremetart in en meng goed.
Gooi die helfte van die mengsel in 'n gesmeerde bak of 'n pannetjie.
Verkleur die ander helfte met die paar druppels koek-kleursel.
Klits goed sodat die kleur egalig versprei en gooi die mengsel bo-op
die wit klappermengsel.
Laat dit stol en sny in vierkantjies.
Om te weet is om te verstaan.