Author Topic: grassny  (Read 6538 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
grassny
« on: January 24, 2012, 11:47:13 AM »
Subject: FW: Grassny in die Nuwe Suid-Afrika
 

Ek het die afgelope vakansie 'n interresante episode beleef: Nadat ons terug
was by die huis, het my tuinhulp van baie jare ook toe so twee weke se
verlof gekry. Dit het natuurlik beteken dat ekself weer agter die grassnyer
moes inskuif.
 

Die Saterdag-oggend was ek in my oudste PT-broek en T-shirt besig om die
gras op die sypaadjie voor ons huis te sny, en ek was haastig en wou die job
ordentlik en gou afgehandel kry. Ek was nie lus om vir 'n nuwe voornemende
tuinhulp te verduidelik hoe die gras gesny moes word nie.

 
Maar soos dit maar altyd gaan: As jy niemand nodig het nie, dan daag al die
hulp in die wêreld op. Elkeen wil weet of hy nie 'n piece-job vir die dag
kan kry nie. Toe die vierde een opdaag en hande in die sakke staan en vra of
hy 'n piece-job kan kry, toe verloop die gesprek omtrent soos volg:

 
Hy: "Ek ken hom die sny van die gras, ek soek die job."

 
Ek: "Sorry man, ek bly nie hier nie, ek werk net vir die mense wat hier
binne bly."


Hy: "Hau, die mense hulle employ 'n whitey by die tuin?"
 

Ek: "Ja, en hulle gee nie eers kos by lunchtime nie!"



Einde van die storie was, dat hy sy pakkie Kent sigarette uithaal, en my een
aanbied. Ek vat toe een, en hy steek hom vir my aan. Ek vat so drie trekke,
nip die outjie, en sit die stompie agter my oor. So met die wegstap was sy
laaste woorde: "Die ANC het alles kom opf...k!"
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: grassny
« Reply #1 on: January 24, 2012, 12:14:29 PM »
O lekker lag ekke nou, Wel gedaan Lox, sou nooit daaraan gedink het nie. Sou net my so bietjie vervies het.
 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: grassny
« Reply #2 on: January 25, 2012, 12:01:19 AM »
Hiehiehie... ek het die ene ook in die pos gekry en toe ek so dag of wat later opsoek is na inligting oor 'n struktuur kom ek weer af op 'n blad vir immigrante waarop dit ook pronk en nou het ek die voorreg gehad om dit die derde keer te geniet, ampertjies die vierde keer ook gelees toe 'n mater in 'n skype geselsskap dit ook wou aanstuur  :toothy4: Dink ek by myself, met so humorsin wat so wyd gedeel worre, kan dit net beter met ons nasie gaan  :love7:

Vir my beteken grassny ontlading soos 'n stoompot se sissssssss. Gryp maklik die grassnyer en verwoes alles wat om en langs my is, dan voel ek sommer beter en kan weer swetsvry die lewe tegemoetgaan  :bootyshake:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: grassny
« Reply #3 on: January 25, 2012, 07:21:46 AM »
meraai, vir hoe lank hou jou kalmte voor jy weer die gras wil verwoes?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: grassny
« Reply #4 on: January 25, 2012, 09:20:28 AM »
Stoffeltjie tot die volgende ou kom karring en ek een van my vroulike moertjies strip. Dit gebeur nie baie nie hoor!! Ek is soort van vredeliewend, en sny gereeld gras heheheh praat van weerspreek!!

LOL, anderdag sny ek gras en daar hak die een of ander megherfter vas, kan ek nie afsit nie. Daai dag ou Stoffel het ek BAIE wroegings baasgeraak en vrede gemaak met allie vyande wat ek (volgens Naas se filosofie) self gemaak het! Al ommie ponlockie het ek gedraf met daai dreunende masjientjie tot die petrol opgeraak het :icon_bigsmurf:
« Last Edit: January 25, 2012, 09:25:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: grassny
« Reply #5 on: January 25, 2012, 09:52:35 AM »
Lag ek nou te lekker.  Ek sien jou al daar al om die ponlockie hol. Ons het 'n elektriese grassnyer, ek vat nie sulke kanse nie!  :icon_biggrin:
Ek nou weer, was al die skottelgoed, skuur die potte en panne tot dit blinker as blink is, skrop die vloere en was die matte.   :bootyshake:  En die ou wat my moertjie laat strip het?  Hy slaap die slaap van die onskuldiges!   :munky2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: grassny
« Reply #6 on: January 26, 2012, 01:02:05 AM »
Outop het so groenvrind, John Deer, waar mens jou griewe sit-sit kan verwoes maar ek verkies wroeg met mening. Wil mos altoos alles oordoen!  :icon_bigsmurf:

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: grassny
« Reply #7 on: January 26, 2012, 09:57:51 PM »
Ek het nou lekker gelag jong!! hehe ekt nognooit gras gesny nie...
*The one and only AWESOME-EST