• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

uiteindelik!

Started by Chichi, January 19, 2012, 09:04:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Chichi

Okay so ek het gewer tydens Kersfees en nuwe jaar! Het nie af gehad nie en klasse saam met werk en gym en kuier en dansklasse en mense lief hê en kerk toe gaan en ekstra klasse gee vir hoërskool kinders begin alles maandag die 30ste! So nou gou gaan ek bietjie weg vir 'n week! yay! sodat ek kan ontspan voordat my jaar ook begin te wild raak!

sien julle wanneer ek terug kom!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

Terwyl jy verlof hou (geniet hoor!) sal ek ons gaafste juffrou nooi vir 'n :coffee2:  :icon_biggrin:


PM

Geniet dit meisiekind en kom veilig tuis.  :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ja jy is seker al weg, maar in elk geval geniet dit vir ons almal se part ook.

miskien, dalk klein miskien, gaan ek en vroulief ook weg vir paar dae in die komende week.
Ons het die datums al gekies, Dinsdag tot Saterdag, het al die plek gekies......

'n honeymoon boom huis by teniqua treetops naby sedgefield.

http://www.teniquatreetops.co.za/HoneymoonTreehouses.html


en ons keuse val op moon over milkwood.

http://www.teniquatreetops.co.za/Slideshows/index.html

4 dae van niks doen, dalk 2 draaie in die knysna bos gaan ry waar ons nog nie gery het nie, verder net niks doen en swem in die groot bad as dit te warm raak.

maar...ja die groot maar is altyd daar.
weet nou nie of ons nog gaan nie, sal seker Sondag of Maandag of dalk Dinsdag besluit. Vroulief se ma is baie erg siek van kanker en is gister in die hospitaal opgeneem vir drup.....
Lyk rêrig nie goed nie. Sy sal moet besluit of ek haar moet wegvat om die roetine te breek en of sy liewer op die oomblik naby wil wees. Op die oomblik kan ons niks beter vir haar doen as die hospitaal personeel nie en dis erg en ontstellend om haar so te sien.Dus is dit vrou se besluit of ons die week gaan en of ons dalk eers na oestyd gaan. Ek sal nie 'n ander tyd nou voor oestyd kan weggaan nie.

Ek sien nogal uit na die oes, die druiwe lyk mooi, groot trosse en mooi gesond.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ons is saam met jou dankbaar vir die mooi oes Lox!  :hello2:

Ai man, ons dink aan julle.  Dit is werklik 'n hartseer situasie.  Gee vir almal wat betrokke is 'n stywe drukkie.
Dit is 'n moeilike besluit wat vroulief moet neem.  Sê vir haar sterkte.

Dit is 'n pragtige plek en ek is seker 'n ou se siel kan goed gevul word vir die res van die jaar.  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Lox

#5
dankie PM
vroulief se broer hulle het gister van upington af gery en haar suster ry môre van upington af. hartseer om te seg maar ek dink môre en die volgende paar dae is afskeid neem tyd van skoonma.

ek wil amper seg as dit werk daar en die plek geval ons los ek dalk mosambiek trip vanjaar en neem die vrou weer daarheen later in die jaar.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is 'n goeie plan Lox.  Haar hart en siel sal tog nie daar wees nie.  Sterkte vir julle matertjies.
Wens daar was iets wat ons kon doen.  Ons hou julle maar hier teen die hart.  :icon_silent:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Lyk my ons bly, was gisteraand by skoonma gewees, sy is in hospitaal en dis nie lekker om haar so te sien nie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd Lox.  My mammie was bykans 'n jaar in die hospitaal. Dit was moeilik, 'n mens is so magteloos, niks wat jy kan doen behalwe om te praat oor dit wat hulle op die hart het nie en hulle so gerieflik as moontlik te maak.  'n Mens skram altyd weg daarvan, maar hulle het nodig om met iemand te praat. Ek het soveel keer terug gedink aan tye wat ek net daar gesit het en haar hand vasgehou het.  Dit het vir my kosbare tyd geword.  Sterkte matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

dankie petra.
die ergste is om so te sien wegkwyn en skoonpa se hartseer.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is nie 'n lieg nie.  Na my ma se dood was dit hartverskeurend om my pa se wroeging te aanskou en daar is ook net mooi niks wat 'n mens daaraan kan doen nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Ek dink so mens treur homself dood.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Na 43 jaar van getroude lewe was dit nie maklik nie.  In al die jare het ek nooit my ouers een keer gehoor 'n skewe woord vir mekaar sê nie.  Na vyf jaar het Paps 'n ander vrou ontmoet, is weer getroud en het nog vier jaar geleef voordat hy opgepak en aanbeweeg het. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Sjoe ek is baie sorrie om dit te hoor Loxi.  Ek hoop dinge gaaan beter, ek sal julle in my gebede hou!

Ek is terug!  :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST