• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gevreetboekie se vertaling

Started by Meraai vannie Baai, January 20, 2012, 06:41:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Gister plaas ek 'n kommentaar by Meisiekind op FB en toe sy loer daarna sien sy maar daar is nou onderaan 'n vertalingsfunksie by. Nog nooit voorheen gesien nie. Loer ons en sien op geen ander plek die funksie nie. Loer later op al wat tikker is, almal wat kan die teken in en loer.

:toothy4: Wou iemand bitter graag weet wat skryf 007 en ons spoeg en plak toe die kommentaar en vertaling. Geen Engelsman sou kop of stert in alle gevalle kon uitmaak LOL!

My kommentaar aangehaal uit wat my suster op 'n familie dvd gese het: ...."meraai hol rond soos mal maketesie en ou Souf moet babagoed pak..." oi joi joi waar is die dae toe myse ou suster nog 'geleef' het met haar humorsin wat ons almal laat knyp het :) ...

Toe wou iemand dit bitter graag vertaal en toe lyk my komtaar so:
"meraai hollow around soos mal maketesie and Souf ou must baba good suit ..." oi joi joi where is that dae to myse ou suster ' geleef ' with her humorsin what all us knyp let the:)

PM

Issie Engels nie man, is Grieks!   :icon_biggrin: Dis te kostelik!  :icon_biggrin:

Verlede week het ek so geswoeg deur vertaalde werk te probeer ontsyfer.  Wanneer gaan mense besef dat jy nie 'n "vertalerprogram" kan gebruik om die vertaling te doen nie.  Die ding kan mos nie "dink" en "verstaan" nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is so waar wat jy skryf! Mens hoef net iets so direk te wil vertaal om Grieks te ontdek hehehe!!

Trapsoetjie

 :evil6: Dis oulik. Nou weet ons dat die Ingelse nie onse goed sal kan lees nie, so mense skinder voort... :evil6:

:angel12: