So vul ek my plastieksakkies met vrugte en hou die ou by die skaal dop.
Nog nie juis 'n woord gerep met hom, maar die ogies is net te klein en die haarstyl te kaal geskeer langs die kante. Amper soos die strokies karakter...
So vul ek maar nog en nog in die hoop hy sal iets anders gaan doen en ek die ou wat vars vrugte uitpak kan vra om my te help.
Not te dinges. Die klomp is besig in hul afdeling en klaar.
Ek hou maar die sakkies na hom uit en gee so 'n veraf smile.
Mmmm, se hy, wat perfume do you wear?
O hel, wou vlugte maar kon nergens heen, sou Ouma gese het.
Ek vertel hom die naam van die perfume.
By? wil hy weet.
Ek vertel.
Very nice. So calming and uplifting at the same time. My nose knows, se hy en kyk in my oe.
O hel, dog ek en gryp die sakkies weer terug.
I have not weighed your fruit yet, lady.
Staan ek maar net daar verstom en wag vir my vruggies.
Dog ek toe ek by die huis kom, die man het dalk klein ogies en 'n funny hairstyle, maar van perfumes weet hy.
Let's not judge a book by it's cover. Jy mag dalk net verras word.