Vir baie het 2012 nog nie 'n silver randjie gehad nie. Of nee, vir baie van ons het 2012 nog net onweerswolke gebring.
Dit was een van die moeilikste tye by die werk die afgelope 3 weke. Ek dink hierdie tyd se voorganger was toe ek by hierdie maatskappy begin het en ek niks geweet het van klerikale werk. Ek was in die diepkant ingestoot en moes swem!
Maar net soos toe, sal ek swem en my kop hoog hou sodat ek nie verdrink.
Gelukkig is die ergste oor. Nou moet ons net werk aan ons spoed en die res van die sisteem onder die knie kry.
Dit was baie stresvol. En boonop het ek 'summer flu' gehad verlede week.
Min slaap, stres, somergriep en ek is uitgeput.
Wanneer, o wanneer, kan ek op die vliegtuig klim met my tropiese hempie en jeans en my sonhoed op die kop, sonbrilletjies en 'n smile...
Net drome, want daar is geen hulp vir my by die kantoor.
My verlof aanvraag vir April is ge-'decline'. Te ver in die toekoms, hoor ek. Nou wag ek maar dat ek neerval. Dalk dan.
Onweerswolke: Hoor ek Vrydag iemand se hy het nog nie gehoor dat enigeen 'n goeie week beleef het in 2012.
Maar daar is nog 11 maande en 'n hele week.
Dit kan mos net beter, of hoe?