Dit is 'n oulike gedig Leopatra. Ek hou van die humor daarin.
Onenigheid is daar met die bure
Want karre het geen kantoor-ure
Sondae moet die karre loop
By die ‘dice’ heilig gedoop
'n Groot kokkedoor het vir my gesê dat, waar dit moontlik is, dit nie wenslik is om dieselfde woord in 'n gedig te herhaal nie.
Probeer om 'n sinoniem daarvoor te vind. Bv. Karre - motors.
Al die kennis tussen sy ore
Bekoor weekliks sy waarderende gehore
‘n Mens sal dink hy is ryk
Soos almal hom bekyk
Die slimkoppe wil ook vir ons vertel dat ons moet probeer om byvoeglike naamwoorde uit te skakel indien dit geen doel dien nie. As ek na die tweede versreël in hierdie boonste strofe kyk, dan sou ek die byvoeglike naamwoord, waarderende, weglaat. Dit maak die lettergreeptelling heelwat meer as die ander versreëls, wat die ritme (metrum) versteur. Dit geld dan ook vir die woord "baie" in die eerste versreël van die laaste strofe.
Dalk kan 'n kenner op die gebied kom gesels oor die hoofletters aan die begin van elke versreël, asook leestekens.