• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

uitdaging

Started by Jeannedarc, May 07, 2011, 08:30:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

hallo julle

hier is vier woorde - laat ons sien wat hieruit sal vloei
PEN
HERT
BEKER
DRENKELING

:coffee2:

Naas

Jy's darem baie onregverdig. Gee die woorde en gryp dan die eerste oplossing.  :hello2: :laughing4: :notworthy: :icon_cheers: :icon_thumright:
Ek speel sommer. Dit dwing 'n mens om verder te dink, dankie.
Hier is myne.

Verlossing

Hamer, draad en pen
buig ek 'n kamp te maak.
'n Kamp van doringdraad.

Al my wilde hert
wil ek in daardie kamp.
'n Kamp om mak te maak.

Dan wil ek met 'n beker
agteroor op die stoep gaan sit.
'n Beker gevul met verlossing.

Soos 'n drenkeling
verlos uit onstuimig water.
Verlos van al my wilde hert.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hoe verwag jy nou moet ek daar bo bykom?  Goeiste,  jy het 'n mooi gedig geskryf Naas.

die skerp pen tref hom deur die long
  vir my 'n bitter beker om te sluk
          so sterf die jong hert
       'n drenkeling in eie bloed


Om te weet is om te verstaan.