• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Setpille...

Started by PM, January 04, 2012, 10:45:48 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is 'n wonder geneesmiddel, setpille.  Mans hoef dit nie eers te gebruik nie, die oomblik as hulle daarvan hoor is alle skete genees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehehe PM! dit is absoluut waar ne!
*The one and only AWESOME-EST


Naas

Moenie veralgemeen nie. Party mans hou daarvan om te krap waar dit nie jeuk nie. Veral die met identiteitskrisusse.  :mumum:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

Naas elke keer as ek aan jou dink dan dink ek aan 'n smurfie met baie wysheid.

hehe Maar ja meeste mense val in elk geval nie in die mees algemene veralgemenings nie.
*The one and only AWESOME-EST


Naas

Veralgemenings se enigste doel is om uitsonderings te skep.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Lag ek nou eers weer vir die kleinseun wat vir ouma moes help, toe vra hy mos, moet ek dit vir die varkie gee of vir die kalkoentjie voer?   :icon_biggrin:

As jy nou nie maagprobleme het nie, kan jy maar die pilletjies sluk, maar hoe nou gemaak as die pilletjies meer pyne veroorsaak?

Veralgemeen is mos maar presies waaroor dit gaan.  Daar is altyd uitsonderings op die lys.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe dits MOS hoe dit hoort
*The one and only AWESOME-EST


Naas

As hulle tog net die setpille in iets stomper as alluminuim wil toedraai. Dan sal die toediening nie so pynvol en bloedig wees nie en my aambeie gesonder wees.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Oeps!  Ek sou aanbeveel jy lees die aanwysings.   :icon_biggrin:

Ag Naas, ek het jou mos al die raad van die vuurhoutjies gegee teen daardie karnallies.  Jy dra die vuurhoutjiedosie in jou sak.  Klop so 'n paar keer daarop, steek een aan en skroei die goed.
As jy weer las het, klop net op die vuurhoutjiedosie, hulle sal vanself kleinkoppie trek.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

haha nee ek kan nie my comment op sit nie!! dits te erm... wel dit behoort in die drinkplek. haha toemaar ,Naas mnr die blou, lees tog my gedagtes!
*The one and only AWESOME-EST


Naas

My raat teen aambeie

Ja. Raat met 'n tee. Voor iemand weer 'n woordeboek nadertrek. Die meervoud is rate.
En dit werk:

Na elke stoelgang, was mooi skoon en smeer goed in met sout.
Hou so aan vir drie dae.
Na drie dae is die goed so dors, dit sien die water onner in die bak en spring dan af in die bak om water te drink.
Hou jou reg want as dit gebeur spring jy vinnig op en spoel jou probleme in die drein af.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

as ek ooit aambeie het dan sal ek dit onthou   :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dankie Naas.  Ek het ook die slegte gewoonte gehad om "geleendheid" te skryf.  Die verleentheid, toe ek dit in die boek gesien het by my eie werk, nadat ek dit in 'n ander se werk in die boek reggestel het, was groots.  Dit is soveel makliker as julle my hier op die forum reghelp.  Ek sukkel nog al die jare met die de en die te.   :icon_biggrin:

Die sout klink na goei raat!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.