• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Janfrederikkie se nuwe lewe.

Started by adele, January 09, 2012, 08:27:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele


Hulle name is Jannie Frederik en Sannie Frederik, twee janfrederikkies in die tuin. Hulle 'is expecting' maar ons weet nie hoeveelling nie; hul nessie is te weggesteek vir 'n sonar.
Jannie is baie lief vir die druiweprieël se raamwerk. Ons sien hom elke dag daar op en af stap; soos 'n pa wagtend op die groot dag en uur van geboorte. Soms verlaat Sannie ook die nessie vir 'n ietsie. 'n Wurmhappie is haar gunsteling. Dit is nou naas 'n papkrummeltjie daar uit die katte se erfie.
Vanaf 'n tak gerieflik bokant die bakke waar die papkrummels aanloklik roep, bekyk sy elke hoekie rondom die erfie. Wanneer stilte haar luidkeels begroet, duik sy af en boemelaargryp sy 'n krummel om dadelik weer weg te swiep na die klimop waar hulle nessie verskuil hou.
Vroegaand, soos twee hardwerkende jongmense soms doen, raak hulle stil-stil weg, trek die takdeurtjie agter hulle toe en sien ons hulle eers weer die volgende oggend met dagbreek.

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Pragtig beskryf vriendin. Ons dierevriendjies bly maar 'n liefdeskombersie waarmee ons die natuur se warmte koester.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

Dankie Naas, ons geniet daardie twee so baie.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Pragtig Annie.  Ek lief die nuwe woorde wat jy altyd skep.  Ek is net so bevoorreg om in 'n hoekie te sit en werk waar ek heeldag die vogeltjies kan dophou. 

Laat weet asseblief as die nuwe "kleinkinders" daar is.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeee ek lieffff stories soos hierdie en slurp gulsig die toonomkulwoordjies op  :love7: