Hierdie jaar was ons voorwaar geseend. Ons gesamentlike forumboek is gebore
en ons eie persoonlike boekies (4 & 5) het ook intussen die lig gesien en die grooootste geskenk: ons Meisiekind wat deur hel en terug is saam haar twee kaboutertjies, verwag haar derde prinsie na 11 jaar en die boetas en almal is in vervoering!
Deel graag die volgende paar fotos arig dankbaar, met julle
Verskoon Meisiekind en kabouters se kaal voetetjies, dit is tradisie in NZ en Aus om jou skoene uit te trek voor jy die huis ingaan LOL!
Merry Christmas little brother - we love you!!
Al vyf 'onthou-jy-nog-gebinde-skatte' bymekaar vir die nageslag.
Boekie no 4 en kleinkind wat baie trots tussen die Afrikaanse woorde soek na iets wat hy kan uitspreek as Ingelsmannetjie LOL!
En hier is boekie no 5 en sy inhoud wat geskep is met die PhotoScape program. Wat 'n fees was hierdie boekie vir ons kabouters nie!! Twee maande se speel met die fotos om die 'hidden world' te skep, was absuluut die moeite werd!