Dankie Louis, dit beteken baie. Ek kan nou nie water in my rooiwyn gooi nie, maar ek sal so 'n glasie water tussenin neem.
Tussen hakies Louis, ek stuur jou werk vir ons drukker om na te kyk vir sy volgende almanak. Dalk kan julle onderhandel, ek is oortuig daarvan dat hy versot sal wees daarop, nes ek.
Dankie vir almal se mooi wense, ek hoop ook vir julle net alles van die mooiste en die beste en die lekkerste.
Ellé, die volgende boek is 'n realiteit, net soos die een daarna ook is.
Daar is twee boeke vir jou by Naas. Een, soos jy weet, is 'n trougeskenk vir jou seun en Hannes het versoek dat jy dit asseblief namens die Afrikaanseforumlede aan die tweetjies moet gee. Ek is so jammer dat ek dit nie self kon verpak nie. Ons moes alles inderhaas weer uit die pakkies uithaal en dit herverpak om 'n kompakte pakkie vir die vliegtuig te maak. Ek het voorgestel ons pak alles in 'n tas met wielietjies, maar Hannes het volstrek geweier! Hy was te bang dit beskadig. Dit moes stewig verpak word!
Kom ek vertel. Toe ons die boeke kry en ek begin dit uitpak om te verpak, plaas ek die boeke "skeef" opmekaar. Mensig ons, daar kry ek 'n uittrap vir Afrika! "Nou gaan hierdie boeke nog meer "wobble"!" Hy het gekloek om hierdie boeke asof elkeen aan hom persoonlik behoort!
Met elke "ag nee!" kyk nou wat het hier gebeur, het hy my aangevat en gesê ek is te vol fimies, dit is 'n baie mooi boek en "niemand sal dit eers agterkom nie".
Met 'n skeefgedraaide kop het ek hom verbaas aangekyk. Toe besef ek, die boek beteken vir hom net soveel soos vir my.
Wag, ek gaan myself net eers weer knyp om seker te maak ek droom nie.
Skuus Louis, dat ek jou onderwerp alweer "boek", maar ek gaan nog lank "boek".
Geniet julle Kersgeskenkies uit elke skrywer se hart geskenk. 'n Boek is die kosbaarste geskenk.
Ek is so jammer vir die wat 'n rukkie langer moet wag. Raaitjie, ek sal 'n foto plaas, hoop dit help matertjie. As alles net van my afgehang het, sou julle elkeen 'n boek in die hand gehad het voor Kersfees.