• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Louis se ander leeu

Started by PM, December 16, 2011, 09:47:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Nog 'n pragstuk van Louis.  Dit lyk asof hierdie leeu my in die oog kyk, so tussen die gras deur.
Baie goed gedoen Louis.  Ek hoop werklik jy hou aan met hierdie sketse, dit is uitstekend gedoen.

Nou wonder ek oor die kameelperd waarvan Ellé praat?
Om te weet is om te verstaan.

Louis

jaaa!! dis nou n perd van n ander kleur. n kameel-perd so groot soos n deur. nou wonder ek of ek nie sommer n jong kameelperd moet aanskaf wat so hoog soos n deur is en gee die vir Elle dan hoef ek nie vir n maand lank te teken aan een prent nie. ek kan nogal sien hoe lyk die moerse stuk papier vol voetspore getrap van heen en weer oor die ding loop om die prent te teken

PM

Draai net lappe om jou voete, trap eers in die verf en dan stap jy na waar jy wil werk.  Dit klink vir my na die ideale kolle!   :sign10:

Vir ons kan jy die effens, net effens, kleiner teken.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jinne, maar hy is mooi.
Dis nou 'n 'kyk wat nie wyk wat 'n bars kan kyk'.
Vandat ek hierdie skets die eerste keer gesien het, was ek vasgevang in daardie kyk na my.

PM, daai giraffe wil ek so graag teen my deur plak.
Of dit kan ook 'n luiperd-wyfie wees wat van agter 'n stam of tak vir my dophou.
Ek weet dit is 'n helse ding om te doen, maar ek gee hom 'n jaar om daaraan te werk en ek sal hom DIENOOREENKOMSTIG betaal daarvoor.
Om die waarheid te se, ek het dadelik 'n vyfrand stuk in my spaarvark gegooi towards dit.
Ek is mal oor die diere, in ekstase oor sy talent and he's a very dear friend.



elle

PM

Ek kan my net indink hoe die ander groot vyf uit sy potlood sal lyk!  Maak dit 12 Louis, dan vind ons iemand wat dit op 'n grootse almanak wil plaas.  Hoop net hulle het die geld om te betaal vir die sketse. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

O nee... dis ' Oog wat nie wyk wat 'n bars kan kyk'.
Die almanak is 'n uitstekende idee!!!
Jy het nou al 'n paar, nou nog net die res en siedaar!!!
elle