Kyk ek het al baie dinge gehoor wanneer dit kom by gesond-lewe-eet. As jy na almal luister is daar werklik niks wat mense mag eet nie.
Toe lees ek nou die raak, en glo my ek gaan by die een hou.....
Healthy eating tip #2: Wine: A study in the Journal of Clinical Endocrinology & Metabolism found that people who averaged a serving of alcohol a day had slimmer waistlines than their tee-totaling counterparts. “Drinking a small amount of alcohol with a meal may speed up kilojoule burn,” says Jerry Greenfield, the study’s author.Nou verstaan ek dit soooo....As die man nou seg dat 'n klein hoeveelheid wyn dinge bietjie gaan aan jaag, dan reken ek nou, as ek bietjie meer as 'n klein hoeveelheid wyn in neem, gaan dit dinge mos nou wild wakker skud, en gaan ek gou weer 'n middeltjie hê waarvoor ek nie skaam hoef te wees nie. Veral as laas jaar se klere so styf sit ...