• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dadelblokkies vir die soettande

Started by Meraai vannie Baai, January 28, 2013, 12:11:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ons kinders het groot geword met hierdie heerlike soetigheid waarmee ouma Emmie hulle bederf het. Lank gesoek vir 'n resep en die ene is nou weer groot bederf vir die inwoners van die pandokkie  :headbang:

Bestanddele
250 g Botter of Margarien
250 ml Suiker
500 g Dadel - fyn gesny
1 Eier, goed geklits
200 g Mariebeskuitjies in stukkies
Klapper

Metode
Smelt suiker en botter oor lae hitte, die mengsel moet nie verbruin nie.
Voeg dadel en eier by en roer goed sodat eier egalig inmeng.
Voeg beskuitjies by en meng deeglik.
Haal van stoof af en en gooi mengsel in 'n gesmeerde pan van 23 X 23 cm.
Stryk plat met 'n mes.
Strooi klapper bo-oor en laat koud word.
Sny in blokkies en geniet.

Wenk
Die Mariebeskuitjies kan vervang word met Rice Krispies.
Gooi genoeg Rice Krispies in.
Rol nou die mengsel in balletjies.
Rol die balletjies in die klapper.

En so lyk onse so soetbederfies  :toothy4:

PM

Dit lyk heerlik Raaitjie.  Soos altyd ook so keurig voorgesit.
Ek sal daarvan hou met "Rysklappertjies", maar Hannes hou nie van klapper nie.  Hy noem dit kou-kou-klapper omdat dit altyd 'n wegkruipplekkie iewers in sy mond vind. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Outoppie ook glad nie lief vir dit nie. So ek en seunskind het omtrent weggele aan die verbode soetigheidjie  :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai

Ek het 'n vermoede my geliefde sustertjie in SA is nou besig om deur hierdie lekkerny te snuffel. As jy een van ons gaste is ou Mart, hier is drukkie en 'n soentjie vir jou  :love7: Hoop jy vind ergens tussen al die heerlike resepte iets waarmee jy jou manlief kan bederf  :notworthy:

PM

Welkom Mart.  Wil jy nie aansluit en van jou geliefde reseppies met ons deel nie?  Toeeee!
Om te weet is om te verstaan.