• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nog 'n Blouberg Onthou...

Started by Angelica, November 23, 2011, 05:14:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Nòg 'n Blouberg-onthou


die sand is koud
       soos my hart
die oggend windjie vou skerp om my lyf
sodat ek my trui nouer moet trek 
Tafelberg se voet staan in die oggend se besoedeling
       geen sweempie van 'n stad
net 'n grys streep op die horison verkondig 'n eiland
die oggendhemel buig laag
vir 'n kus van sy geliefde Atlanties
        vêr weg sug 'n stad

dis net die laagwaterbrandertjies
en 'n enkele kormorant wat geluid gooi oor my
nou en dan spoel 'n spierwit klipeiertjie
saam met spoke van jou, klouende
teen my enkels vas     
branderryers hang roerloos soos dryfhout in die laagwater
        wagtend op die grote
wat met elke sewende telling wit skuim gooi
oos van die baai loer die son nog vaak oor Paarl se Berg
en gooi sy warm strale teen my rug   
         so asof dit wil troos...

dis maar net nòg 'n oggend van onthou
nóg 'n oggend van dink aan jou
hier op Blouberg se strand






      

elle

PM

Ellé, dit is werklik mooi.  Ek lees en lees en kyk en kyk maar vind geen fout nie.  Jy roep die herinneringe skerp op en ek sien die prentjie duidelik voor my.  Dit voel vir my asof ek daar op die 5de vloer staan en jou en jou prentjies gade slaan en ek verlang.  Baie mooi.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Eendag as ek groot is wil ek OOK so skryf...





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Sjoe, sulke mooi en positiewe kommentaar maak my hart warm.  Dankie PM en Naas.
Blouberg Onthou is ook een van daardie wat al jarre le en wag om geskaaf en gepoets te word.
Ek sal dit soms oopmaak maar klap dit dadelik weer toe sonder om 'n woord te verander.  Tot een nag die skimme toeslaan en die regte woorde hul le-plek kry.
Ervaar julle dit ook so ?  Of skryf julle en die hele gevoel met woorde en al val sommer net uit?
elle

PM

Soms val die woorde sommer uit, maar ongelukkig is dit in my drome en ten tyd ek by die pen en papier kom is dit weg.  Dan moet ek hard werk om dit reg te kry.

Bouberg Onthou het lang versreëls, maar ek kyk daarna en nie een woord is oorbodig gebruik nie.  Dit is baie beskrywend en skep die regte atmosfeer. 

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie PM.
Ek is ook besig om oeroue Woes-goed op te diep uit die put en weer te skaaf.
elle