• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My roos vir 2012

Started by Trapsoetjie, January 11, 2012, 09:50:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Na ek 'n gedig gelees het van Naas, het die idee by my pos gevat. Of is dit geneem? Wat ookal.  :icon_scratch: Ek het toe besluit ek wil 'n roos koop en in 'n pot plant. Elke dag daarna kry en onthou al gaan dit hoe sleg is daar altyd iets mooi te sien erens. Al is dit net een roosknoppie, tussen al die dorings. Ek gaan Saterdag my roos haal wat ek bestel het.  :toothy4:


My roos vir 2012

Soeke na die regte kleur,
met 'n bietjie geur.
Gevind my roos,
wat ek in 2012 kan liefkoos

Black Magic is haar naam.
In 'n prag pot gaan ek haar raam.
'n Simbool van 'n jaar,
en wat dit gaan baar!

Perfek, is die blom,
laat my stom,
maar moenie vergeet
van 'n donker ding wat steek!

Dis die jaar se sinnebeeld.
Net soos geluk en ongeluk verdeeld.
Bring die blom en sy doring
my terug na die lewenskring!

©
 :angel12:



Meraai vannie Baai

Pragtig gestel Trappies!!! Die blom en sy doring, soet en suur in die lewenskring is deel van ons almal se lewe en ek gaan vir my ook 'n rosie vertroetel.

PM

Dit is pragtig Trappies! Ek hoop jou "roos" het baie meer blomme as dorings!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dankie julle, ek waardeer dit regtig baie.  :love7:

My roos is veronderstel om my te laat fokus, ek hoop dit werk, veral vir die volgende boek.   :evil6:

:angel12:

PM

Ons sal jou ook gefokus hou.   :angel4: Hou jou lyfie maar reg vir 'n kuier.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

mmm 'n focus punt,
'n onthou raampie,

dit kan dan net 'n produktiewe 2012 wees ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w