Author Topic: Asemrowende Tafel van Sandsteen..  (Read 2462 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Asemrowende Tafel van Sandsteen..
« on: November 12, 2011, 06:12:30 AM »
 

Vanoggend, met my eerste blik van jou
nog voor die eerste strale,
het jou skoonheid my weereens bekoor.
Stylvol, statig, soos 'n koningin
skouspelagtig geklee in die sagste van blou
en net 'n gedagte van roos
met jou stadsliggies 'n skittersnoer aan jou hals
jou arms beskermend gevou om die stadskom
En later, toe die Suidooster opkom
gooi jy 'n wasige grys mantel om jou skouers

Met die Leeu aan jou linker
en die Duiwel aan jou regter,
Twaalf Apostels soos knegte
wat jou mantelpunte dra
regeer jy oor die vasland van Afrika
Menige skip vaar om jou voete
in die Kaap van Storms
waar Twee Oseane hande vat

Tafelberg, my Berg
Jy is aangewys as een van die Nuwe7Wonders van die Wêreld.
Ons is so trots op jou

Die Mensa* Konstellasie
Tafelberg is die enigste aardse baken wat sy naam aan 'n sterrestelsel gekoppel het.
Die sterrestelsel is deur die Franse astronoom Nicolas de Lacaille ontdek tydens sy besoek in 1763 aan die Kaap en het dit na Tafelberg vernoem.
Die Mensa Konstellasie is in die Suidelike Halfrond, net suid van Orion, en kan gesien word in middel Julie rondom middernag.
Volgende keer as jy in die hartjie van die winter na een van die koudste dele van ons land uitwyk, besoek die sterrewag op Sutherland en ‘besoek’ die Mensa Konstellasie.

*Mensa – Latyns vir Tafel








elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Asemrowende Tafel van Sandsteen..
« Reply #1 on: November 12, 2011, 06:20:30 AM »
Jy is 'n ster Ellé.  'n Pragtige gedig en soos ek lees so sien ek die beelde voor my oopvou. 
Dankie ook vir die leersame inligting.  Ek wou al lankal na die sterre gaan kyk deur Sutherland se oog, maar die tyd het ons altyd ingehaal.  Sal beslis volgende keer 'n "moet op die lys" wees.
Om te weet is om te verstaan.