• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

zebra

Started by Lox, November 23, 2011, 06:59:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

het gister op 'n plaas gaan werk so 30 km van hier en na ek klaar was en uitgery het pad toe sien ek die zebra vulletjie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dankie vir die deel Lox. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Te oulik, ek wil ook 'n plaas he  :crybaby2: Het nou al vir my 'n perd, maar nie plek waar ek hom kan hou nie  :icon_biggrin:
:angel12:

Lox

Die vulletjie wil net aan als byt, wanneer ek naby aan die draad staan wil hy die kamera se band ook byt.



Ek het Dinsdag weer in die dam gaan werk en toe weer paar fotos van die zebra  probeer neem.

Toe ek aangery kom sien ek hy is in die kamp langsaan en wei saam met 'n donkie en 'n ponie. Die donkie en ponie hou aan met wei toe ek stilhou maar zebra kom dadelik na die pad aangestap.
Die keer het hy 'n halter aan gehad.



en stil staan se voet

Op die foto hier bo is die berge in die agtergrond net so agter ons se plek.

sukkel om hom mooi af te neem





As jy mooi kyk kan jy sien die hare by die kop en nek is swart en die hare op die lyf bruin. Ek wonder of dit nie te doen het met sy jonkgeit en dat die bruin hare nog moet uitval en vervang word met swart hare soos op die kop nie.



Hier is hoe sy jas van naby lyk. die wit hare dunner en bruin hare dikker en wolleriger.




wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Trapsoetjie

Ag te pragtig. Sal hom sommer met liefde opvreet.
:angel12:

PM

Is jy seker hy lag nie net vir jou nie?  Hê-hê, lyk net asof hy lag. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Kyk net hoe lank is daai wimpers!!!
*The one and only AWESOME-EST