• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Robelle

Started by Jeannedarc, May 01, 2011, 09:09:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Daar's 'n SENSUELE vonkel in jou oog
wanneer jy skelm na jou Woes kroos loer
'n skalkse glimlag pluk pluk mondhoek

daar's 'n SAGTHEID
om jou gedrapeer
'n hemels wasig kleed

en vloeiend
oor jou RONDINGS hang
'n beeldhou meesterstuk

daar's 'n skeuring diep binne my
as die "jy's nie meer" woorde
in my siel ONTPLOF

Robelle was oneindig lief daarvoor om vier-woord uitdagings uit te gooi. hierdie is die laaste uitdaging wat sy in vivo gedoen het - sensueel, sagtheid, rondings, ontplof. op die oog af is daar weinig of geen verband tussen die vier woorde nie en dis waar die uitdaging ingekom het - om die oenskynlik geen verband woorde met mekaar te versoen.

PM

 :notworthy:  Baie dankie matertjie vir jou pragtige bydrae.  Dit sal wonderlik wees as jy vir ons die volgende uitdaging in die gedigstruktuurafdeling plaas.  Kom ons bou voort op wat Robelle gedoen het. 

Wat sal ons dit noem?  Vier-woord-uitdaging?  Kies jy 'n naam,  plaas die reĆ«ls en ook jou mooi voorbeeld asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.