• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Morning, morning....

Started by Angelica, June 07, 2012, 07:39:48 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

More, more..
Ons is bedrywig hier vanoggend.
Mag julle 'n pragdag ingaan en uitgaan.
En maak die woorde bymekaar, ons het 'n Boek 2 om vol te pak. 
Ek is nog lady @ leisure en haat elke oomblik daarvan.  :crybaby2:

Lief julle.
elle

Meraai vannie Baai

Los ek die woordmandjie eers en kom gee gou vir jou drukkie Angelica  :love7:

Angelica

<<<<<Meraai>>>>>
Drukkie ook vir jou, Meraai.
elle

Meraai vannie Baai

Grooot groooot voorreg. Ek het nie meer kleinprinsie om te druk nie so ek missss dit! Gelukkig is jy daar  :love7:

Ah Willa

Ek soek ook 'n drukkie ... wag hiers ((((((((((Drukkies)))))))))))))   vir julle twee ook :-)

Ai Angelica - dis 'n benoudheid as mens eers weer moet begin - veral in die dae van vandag ... ek dink aan jou en as ek jou kan help soek - laat my weet!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Dankie Willa.
My CV is besig om reggeruk te word.
Sodra ek dit weer kry, sal ek dit vir jou aanstuur dan kan jy kyk.  Reg so?
elle

Ah Willa

100%  en as die lee oomblike te veel word - laat my weet - ek  :toothy4: net vir JanDink - dan is ek af en gaan ons  :coffee2: drink  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Lee oomblikke op hierdie stadium is nie veel nie, net soggens vroeg as Ouma nog kuier met die kussing.
Maar dan skaaf ek aan skriwwels wat ek in Boek 2 wil plaas, FB, lees koerant online en kuier hier.
Ek neem haar daagliks vir 'n stappie.  Al is dit koud, moet ons loop om die bene en die verstand en die longe en die hart aan die gang te hou. Ek self kry ook so vars lug en oefening.
Ons gaan koop die koerant en vars vrugte en groente en eet die heerlikste muffins (bacon & cheese is ons gunsteling en dan is dit date & nut) by M&B. 
Soms het ons niks nodig nie, maar ons loop. Dis 'n groot lekkerte om in die boekwinkels rond te dwaal op soek na boeke in groter skrif en wat sy sal lees.
En sy lees tjop-tjop.  Boek klaar binne twee dae.  Dan vat ons maar weer die breinaalde op en brei NOG 'n serpie.
Tyd dat ons wol koop vir moffies brei. Dis nou nie muffins in Engels nie, ok? Dis mittens. 
elle

Ah Willa

 :icon_study: is gesond vir die verstand

:walk: is gesond vir die boude

:triplets: hier kuier is gesond vir die gemoed 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek wil nou nie lelik wees nie...  :icon_biggrin:  maar ek is baie bly dat jy tyd het om saam te kuier en net lekker te ontspan, al hou jy nie daarvan nie,   :icon_biggrin:  van die niksdoen bedoel ek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gewonder tussen watter lyne/verse gaan my 'oor-die-skouer-lesery' my vanoggend laat belanne  :headbang: So baie intussen verander vandat jy ons hier kom groet het Elle. Hoop julle het 'n lekker vakansiedag daardiekant van die aardbol.  Hou julle bekers... ek skink - gaan my 2de koppie boeretroos aanslaan.



PM

Moet erg frustrerend wees as almal nog drankies drink en jy moet koffie!  (Speel sommer net.)
Om te weet is om te verstaan.