• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nog 'n grappie

Started by PM, January 18, 2018, 08:08:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Koos en sy pel, Jan (wat oorsee studeer by yale) besluit een naweek toe hy kom kuier om te gaan kamp. Hulle het by hulle oord gekom, lekker gebraai, 'n paar doppe gedrink, die tent opgeslaan en toe gaan slaap...


Laat die aand maak Koos vir Jan wakker en vra:
"Hoori Jan, wat sien jy?"
Jan kyk op na die sterre en antwoord:
"Wel, astrologies gesproke sê die sterre vir my dat die duiwel is in Leo.. Teologies sê die sterre vir my dat dit omtrent 3 in die nag is en meteorologies sê die sterre vir my dat more 'n mooi dag gaan wees."

Hy kyk na Koos en vra:
"Nou wat sien jy ou pel?"
Koos: "Wel, prakties gesproke sê die sterre vir my... iemand het ons  tent gesteel!"
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Amper verstik ek aan my koffie hahahahaha. 

Naas

#2
My broer het die vakansie na die Kanariese eilande gegaan en hy se hy kon nie een Kanarie daar kry nie. Van daar af is hulle na die Virgin Eilande toe en raai wat...???


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek bulder alweer onvroulik  :headbang: :toothy4:

Naas

Daar is ook nie kanaries op die Virgin eilande nie.  :pottytrain2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

 :toothy4:   :toothy4:   ha ha, toe ek wil antwoord, het ek nogal dieselfde gedink .... geeeen kanaries nie.
adéle  :grommit:

PM

Julle is weer heeltemal te slim vir my.  Ek het net mooi meisies gesien.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lees ek hierdie ene raak op die gevreetboek:

A man walks into a shoe store and tries on a pair of shoes. "How do they feel?" asks the sales clerk.

"Well they feel a bit tight," replies the man.

The assistant promptly bends down and has a look at the shoes and at the man's feet. "Try pulling the tongue out," the clerk says.

"Well, theyth sthill feelth a bith tighth."

PM

Kostelik!  'n Mens dink dat dit net Afrikaans is wat so dubbelsinnig kan wees.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Die man. Kry die allervreeslikste kopseer.
Dokter se sy gereedskap is te groot, hulle sal helfte moet afsny.
Hy wil nie hiervoor val nie en gaan sien 'n spesialis. Dieselfde diagnose.
Die kopsere raak al erger en hy laat toe maar die operasie doen.
Toe hy uit die hospitaal kom voel hy baie teneergedruk en besluit om homself met nuwe klere te beloon.
Loop daar by die kleremaker in die bokaap in.
Die man gee hom so een kyk op en af en se...
Hmmm. Nommer 44 hemp
Nimmer 10 skoene
102 broek.
Jy is doodreg met die hemp en die skoene maar die broek is nommer 96.
Nee! Nee! Se die kleremaker.
Nommer 96 broek is te klein. Gaan jou gereedskap druk en jou die allervreeslikste kopsere gee.

:mumum:

Meraai vannie Baai

O glorie gedorie, as ek nog sneppies kon vassit het ek nou die ene van die apie wat wydsbeen val oor 'n draad en deel van sy manlike anatomie mooi netjies weerskante van die draad in twee skei, gedeel ...

Assie

Is g'n woder deesdae se mans dra broeke wat tussen hulle kniege pendulum nie. Oupa se altoos dit lyk of hulle eergister se drolle kerk toe smokkel.
Haai sies... Ga. Wat gaan Ou Dominie se as hy hulle vang?

:mumum:

PM

Dit laat my aan die nursie dink wat vir die dokter gesê het dat dit 'n vreeslike skande sou wees om die ou se geseendheid af te sny.  Vra sy of hulle nie maar sy bene kon langer maak nie.   :color:
Om te weet is om te verstaan.