• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

hoenders

Started by Lox, October 19, 2011, 01:01:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok.   Saggies soen hy nege van tien henne. Maar van die tiende hoenderhen pluk hy 'n veer. So gaan dit aan van dag tot dag.... die nege gesoende hoenders is bly, en die tiende hoender dra die pyn geduldig.



Maar op die 14de dag  het die  hoenderhen nou genoeg van hierdie prosedure  gehad en sy skree vir die haan:  "Jy kom elke oggend breëbors  hier ingestap en soen  al die nege ander henne.

<
Maar by my pluk jy  'n veer! Wats jou plan??"



Die haan fluister in haar oor:



"Vir jou wil ek kaalgat sien Skattie!"
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

O hallie ha, en ek dink hy is besig om 'n nes te bou!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

Meraai vannie Baai

Jimmmmel nou's ek so dankbaar ek is nie hoender nie.  :toothy4:

PM

Raaitjie, ek wonder of dit is waar die spreekwoord vandaan kom,   sy is die hoenders in vir hom.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Is hy dan die hane in vir haar?
Die boerdery in die ou dae was die hoenners die vrou se besigheid. As die man haar kwaad maak het sy tussen haar hoenders gaan sit en kook. Die rustigheid van die hoenders was soos prozak virrie siel.
"O jinne vrinne. Luister net hoe lekker lieg ek nou."



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :evil6: Hy is 'n haan met anders se vere 

:angel12:

PM

O goeiste Naas, amper glo ek jou!   :icon_biggrin:  Hy is dalk die hanne in vir haar.  'n Hele handvol planne.

Trappies, jy is skerp sussie, so skerp soos 'n haan se penveer.  Die rus het jou goed gedoen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :love7: Ek liefffff ons taal!! Die lyne is gesteel en sodra ek dit mooi gevleg het, kom ekke terug met die buit hoor  :book1: :notworthy:

PM

Iewers het ek 'n gedig geskryf oor hoenders se spreekwoorde, of was dit nie 'n gedig nie?  Sal moet gaan soek.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

ai die laat mens lekker lag
*The one and only AWESOME-EST