PM, ek het geen idee hoekom die plasings verdwyn nie.
Met die opgraderings begin 'n mens 'n "nuwe" program in die vorm van die nuwe weergawe te gebruik. Met elke nuwe weergawe kry 'n mens die situasie dat daar nuwe probleme en vingerfoute kan wees, maar omdat niemand nog die weergawe gebruik het nie, is dit nognie ontdek nie.
Soos probleme ontdek word, word dit aangemeld en is daar pogings om dit te herstel.
Een algemene oplosing vir die probleem is om 'n ouer, meer stabiele weergawe te gebruik, waarvan die probleme ontdek en uitsorteer is en versigtig te wees vir nuwer weergawes met nuwe funksies.
Ek hoop die plasings word gekry. Dis erg ongemaklik as 'n mens nie vertroue in jou rekenaar het nie.