• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My ou Man

Started by Naas, October 03, 2011, 08:27:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My ou man kom so laat by die huis
so laat kom hy dan tuis.
Een aand kom hy by die staldeur in en 'n vreemde perd sien hy.
'Wie se perd is dit die? Wie se perd is dit die? Wie se perd kan dit tog wees?'
'Ag my ou man dis 'n melkkoeitjie dit stuur my ma vir my!'
'Gmf! Ek het die wêreld deurgereis
vir 'n hele jaar of tien,
Maar 'n koeitjie met 'n saal en toom het ek nog nooit gesien
Nee 'n koeitjie met 'n saal en toom het ek nog nooit gesien

My ou man kom so laat by die huis
so laat kom hy dan tuis.
Een aand kom hy by die voordeur in 'n vreemde hoed sien hy.
'Wie se hoed is dit die? Wie se hoed is dit die?  Wie se hoed kan dit tog wees?'
'Ag my ou man dis 'n pispotjie
Dit stuur my ma vir my!'
'Gmf! Ek het die wêreld deurgereis
vir 'n hele jaar of tien,
Maar 'n Pispotjie met 'n hoedband om het ek nog nooit  gesien'
Nee 'n Pispotjie met 'n hoedband om het ek nog nooit  gesien

My ou man kom so laat by die huis
so laat kom hy dan tuis.
Een aand kom hy by die kamer in 'n vreemde broek sien hy.
'Wie se broek is dit die? Wie se broek is dit die? Wie se broek kan dit tog wees?'
'Ag my ou man dis 'n vadoek die
Dit stuur my ma vir my!'
'Gmf! Ek het die wêreld deurgereis
vir 'n hele jaar of tien,
Maar 'n vadoek met 'n kruisband aan het ek nog nooit gesien!'
Nee 'n vadoek met 'n kruisband aan het ek nog nooit gesien!'


My ou man kom so laat by die huis
so laat kom hy dan tuis.
Een aand klim hy in die kooitjie in 'n vreemde kop sien hy.
'Wie se kop is dit die? Wie se kop is dit die? Wie se kop kan dit tog wees?'
'Ag my ou man dis 'n babatjie dit stuur my ma my!'
'Gmf! Ek het die wêreld deurgereis
vir 'n hele jaar of tien,
Maar 'n babatjie met 'n baard en 'n snor het ek nog nooit gesien!'
Nee 'n babatjie met 'n baard en 'n snor het ek nog nooit gesien!'





  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hiehiehiehiehie....die humor in die liedjies is kosbaar verby  :toothy4:

PM

Die ou leer ook nie.   :icon_biggrin: 

Dit is kosbare ou liedjies wat verlore sal gaan as ons dit nie "jonk" hou nie.
Om te weet is om te verstaan.