Author Topic: ceres karoo deel 5  (Read 8803 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
ceres karoo deel 5
« on: September 19, 2011, 10:10:25 AM »
deel 5

Ons het langs die pad in die peerboompas ( soos die GPS kaart dit wys, maar Albertus sê dis die oostekant van die Katbakkiespas)  by ’n piekniekplek afgetrek en eers die boorgat met vars water wat uitspuit bo gaan kyk.

Hier’s die boorgat met ’n pyp en kraan sonder pomp.



Sal nou nie ’n groot spilpunt met hom kan trek nie maar dis darem iets wat mens kan gebruik en die water is nie brak nie, smaak goed.



Teen die berghang by die piekniekplek.




Dit was toe middagete en ons het weer vir Swannies ingespan om wors gaar te maak met doring takkies. 




Ry toe verder en gaan die Katbakkiespas in eerste rat af en dis so steil dat die enjin nie die bakkie kan vashou nie.



 Dis hier waar ek aan die onderkant van die pas die rooi liggie gewaar. Eers wonder ek of ek nie sal stilhou en die liggie met ’n klip uitslaan nie. Gelukkig is daar ’n bloekkombos waar ek in die skaduwee kan stilhou en sien toe die verrassing toe ek loer wat aangaan, olie die wêreld vol onder die enjinkap. Dit was so om en by 3 uur.







Albertus kry toe ’n geleentheid saam met 2 vroue uit Switserland. Hy kon vir Fanus bel van Op die Berg af. Ek en vroulief het agtergebly.

Om die tyd te verwyl het ek paar foto’s geneem, gelees, geslaap, weer gelees en weer foto’s geneem.









Die son het begin sak en die kleure het verander





Iemand wat ons onder stof ry en dink ons sit vir ons gesondheid daar.



Katbakkies pas gaan daar oor die nek.










Ek het die rivier en brug gaan afneem wat aan die begin gewys is en toe hoor ek vrou roep met haar juffrou stem na my en ek besef die hulp het opgedaag. Sou graag nog wou wag om nog foto’s te neem soos die son sak maar ek was ook dankbaar dat ons kon verder ry deur gesleep te word.



Ons het die bakkie tot op Ceres gesleep en daar gelos by ’n werkswinkel en ons seun het ons kom haal en ons was half 10 tuis.


Die bout wat die van belt se pully vashou het gebreek en losgekom en die pully het gewobble en toe die voorste olieseël seergemaak. Nou moet die enjin uitgehaal word en krukas se kop moet weer opgebou word en die res van die bout moet uitgehaal word.

Sal sien wat die skade is. Ek is net dankbaar dat die ding nie iewers in Mosambiek, of Malawi of Botswana of Zambië of waar vêr ook al gebeur het nie.

Flyt fyt my storie is yt.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #1 on: September 20, 2011, 07:49:59 PM »
Ek is bly julle het drem veilig tuis gekom!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #2 on: September 20, 2011, 09:43:27 PM »
Ja dankie tjiekie, dis altyd die belangrikste om weer veilig tuis te kom.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #3 on: September 20, 2011, 11:16:23 PM »
dit is nogals ne!!!! ai ek is nou lus vir kamp en duik en braai en bier drink hehe en natuurlik baie wyn en swem en lag en die son sien opkom en al daardie dinge!!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #4 on: September 21, 2011, 12:43:41 AM »
Gou tydjie gesteel vir my ietsie-lekker-vir-die-dag roetine. Dankie baie baie Stoffeltjie jou sneppies was vanoggend weer my 'deksels' op die slaggate van die lewenspad  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #5 on: September 21, 2011, 07:16:41 AM »
Baie dankie Lox.  Dit was nou 'n baie interessante toer.  Die kleure is oorweldigend.  Ek het dit baie geniet. 
Flyt flyt, my storie is yt.   :icon_biggrin:  007 sal dit sekerlik kom wegdra.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #6 on: September 21, 2011, 10:24:14 AM »
plesier ek is bly ek kan julle dag ophelder.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #7 on: September 29, 2011, 02:42:44 AM »
Hiehiehie.... PM jy ken my te goed. Nog voor ek spore kon trap het jy reeds geweet die dief gaan verby kom  :love7: :book1: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: ceres karoo deel 5
« Reply #8 on: September 29, 2011, 06:56:35 AM »
Ek lief woorddiewe!   :notworthy:   :read2:
Om te weet is om te verstaan.