• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die eerste keer.

Started by Naas, September 15, 2011, 03:53:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die bufferplakker op die ou, afgeleefde Landrover lees: "Wanneer laas het jy iets die eerste keer gedoen?"
Die Landie is nog padwaardig – hy het nog 'n lisensie. Sy eerste, tweede en derde honderduisend kilometers is al verby. Sy eerste bergpas is intussen al geteer. Sy eerste eienaar dalk al begrawe. Elke dag ry hy verder van sy eerste kilometer af weg en bietjie nader aan sy laaste kilometer.
Hoe meer eerstes hy beleef hoe verder is hulle uitmekaar en hoe minder raak die oorblywende eerstes. Die opwinding van nuwe eerstes vervaag soos sy laastes meer word. Sy volgende eerste kan moontlik sy laaste eerste wees.
Ek wonder of hy al sy eerste laaste beleef het en of sy eerste laaste dalk ook sy laaste eerste sal wees.

My eerste geboorte was ook my laaste. Nou tussen 50 en 60 raak my eerstes ook al verder uitmekaar uit. Nie omdat daar nie genoeg eerstes oor is nie, maar eerder omdat my bakwerk en ratkas se klap knetter en kraak deesdae my ontbytvlokkies stil raas.
Soos die Landie is ek ook nog padwaardig. (Moet net nie onder my enjinkap loer nie.)
Eerstes is nog altyd lekker.
Daar is nog bergpasse wat ek die eerste keer wil ry, plekke wat ek die eerste keer wil sien, eerstes om te doen...
Maar bo alles moet die eerste keer wat ek doodgaan ook die laaste keer wees.
Wanneer hulle my as oor Tygervallei se dak strooi moet hulle daar 'n plaatjie los wat aankondig: "Hier lê Naas. Vir die eerste keer in sy lewe, dood."

"Wanneer laas het jy iets die eerste keer gedoen?"



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#1
Naas eerstens  :notworthy: ek  :love7: jou woorde van die eerste keer dat ek dit gehoor het en nog steeds. Hierdie beeldende klompie van jou het my hart gesteel en ek gaan dit beslis bewaar!  :book1:

Intussen sit ek en  :icon_scratch: daar is nog so baie wat ek en Outoppie wil doen, wat ons nog nie gedoen het nie.  Mannnnn jou woorde laat my DIEP dink en ek wil nou weer elke sekond van die lewe omhelsend tegemoet storm; benut en geniet met eerste-keer-probeers voor dit dalk een van ons se laaste-eerste-keer-probeer was!

PM

Pragtig geskryf Naas.  Dit is tyd dat ek die laaste ding wat vir my lekker was om te doen weer te doen.  Ek moet kom kuier.  Mis jou 'n hond uit 'n bos uit.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die plesier was alles myne. Ek het so lank laas iets kreatief op skrif gesit hierdie voel weer soos die eerste keer.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Solank dit nie die laaste keer is nie.   :bootyshake:  Ek bedoel nou nie dat jy so lank moet draai met die volgende een, dat dit weer soos die eerste keer voel nie.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Vir die eerste keer vandag sit ek sonder woorde. 

Hierdie jaar was die laaste keer wat ek nie sommer die eerste keer teëstribbel as ongewensde persone in my projek ingeboelie word en dit amper kelder nie. vir die eerste keer het ek besluit om standpunt in te neem en nie oudergewoonte stil te bly en te aanvaar nie.

PM

Dit klink mos vir my na 'n uitstekende eerste keer Gawie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Oh my word... ek het nou so lekker gelag. Jy het my totaal en al deurmekaar gehad met wat jy eerste en toe laaste probeer/wel/komies/nie/ens/ens gese het. Hoe figure jy die hele spul uit?
Hierdie ouderdom se skuld dat ons nie meer so baie eerstes het en vreeslik baie laastes gaan he in die toekoms.
elle

PM

Ek dink nie ons besef hoefveel laastes ons belewe nie.  Byvoorbeeld, toe ek gegaan het vir 'n rugoperasie, het ek nie besef hoeveel laastes my getref het nie. 
Laaste keer wat ek by my voete kon uitkom, voor die rugoperasie. 
Kan nie meer sit soos ek gewoond was, met my bene inmekaar gevou.
Ag ek kan aanhou en aanhou...
Om te weet is om te verstaan.