• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Monoftong Vrye Klinkers Triftong en Sjwa

Started by PM, November 14, 2011, 01:51:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Monoftong Vrye Klinkers Triftong en Sjwa

Monoftong wat beteken "enkel noot".  Die klank klink dieselfde van die begin tot die einde.  Dit gly nie op en af soos by 'n diftong nie.

Vokale of klinkers.
In Afrikaans  is daar sewe vrye klinkers.
Die  -aa-  van  kraak
-ee-  van bleek
-eu- van  reuk
-ie-  van Niek   
-oe-  van koek
-oo-  van rook
  -uu-  van nuut
Die vrye klinkers word ook lang klinkers genoem.
Met die benaming vrye klinkers word bedoel dat hulle vryelik kan voorkom, d.w.s. dat hulle nie alleenlik in geslote lettergrepe soos koek en neus voorkom nie, maar ook in oop lettergrepe soos toe en na.

Triftong
iaau - miaau

Die sjwa
Die dertiende klinker is die sjwa ook dowwe, toonlose of stom /e/ genoem, soos ons hulle hoor in die tweede lettergreep van baie. Die sjwa is in Afrikaans ook toonhebbend, waar 'n mens 'n geslote /i/ het: dit, kil en sif. (Sien Wikipedia.)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Slurp ek gou die inligting op as voorgereg vir die feesseisoen  :bootyshake: :notworthy: :toothy4:

PM

Dankie Raaitjie, ek is regtig bly jy is terug.  Soms raak ek omgekrap as ek sien mense skryf nie by 'n onderwerp nie, dan sien ek, soos in hierdie geval, dit is al 60 keer gelees!  Dit gaan nie "ongesiens" verby nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En nou trek hierdie opvoedkundige plasing reeds by  2321 keer gelees en raai wie het openlik en dankbaar weer reageer?

PM

Nadat my brein terug gesluip het in sy "nes" en rustig lĂȘ en slegwees, moet ek dikwels naslaanwerk doen om van vooraf te probeer onthou wat is wat.  Ek sal nie weer vergeet dat 'n triftong 'n miaau is nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.