• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ceres karoo deel 2

Started by Lox, September 14, 2011, 11:07:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Deel 2

Eers gou 2 dae teruggaan. Ek het 'n swanniesbraai gekoop met die hoop dit kan werk langs pad. Hier toets ons hom met koerantpapier en ook met charcoal.





Hier het ons op 'n privaat wildplaas op pad na ons bestemming gestop om te braai. Daar is 'n serwituut pad oor die plaas na waar ons op pad heen is.  Die plek is gekoop en 'n klompie geboue is gebou vir toeriste.  'n Lodge besigheid. Die eienaar het so 5 jaar gelede belangstelling verloor en is Gauteng toe en als is net so gelos.



Paadjies is oorgroei.





dis 'n nr. 20 pot wat hier neergesit is op pad lapa toe en staan steeds hier.......





In die strykkamer staan nog hope lakens wat gestryk is, die beddens is opgemaak in die kamers. Dis asof iemand net die plek gou verlaat het om dorp toe te gaan en na 5 jaar nog nie teruggekom het nie.





Ons het die Swanniesbraai gebruik en i.p.v. koerant of charcoal so paar doring takkies onder ingegooi en aan die brand gesteek en gebraai op die vlamme. Toe die wors gaar was, het ek die ketel water opgesit en toe ons klaar geƫet het, kon ek met warm water die paar skottelgoed was.





Die swembad is leeg, die stoele staan nog net so. Dit lyk of die mense die laatmiddag moes terugkom van die dorp af maar het toe verdwaal.







Uitsig vanaf die swembad area na die plek wat ons gaan besoek.




Deel 3 vervolg
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Wat 'n hartseer storie. 

Dit lyk net na die regte braai vir langs die pad. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Ek dink ook daai braai werk goed vir langs die pad. Gooi paar stokkies in en begin braai en agterna gooi jy die kole dood met water en pak hom weg.

lekker vinnig ook, hoef nie eers te wag vir die kole nie. sorg net dat jy paar stokkies het.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

hehe ek hou baie van die fototjies!
*The one and only AWESOME-EST


Lox

ek is bly jy hou daarvan, deel 4 en 5 sal dalk oor die naweek bykom.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

YAY! sal lekker wees om te sien, dit voel sommer of ek self op vakansie kan gaan en 'n wegbreek van die wild hier die kant af vat
*The one and only AWESOME-EST