• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Antjie...

Started by Angelica, September 14, 2011, 06:39:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


met die eerste strale van die nuwe jaar
en die oopmaak van die bo-deur
sit sy al daar
patetiese bondeltjie mens
week-oue verkreukelde Kersfeesrok en rooi kopdoek
skeef op die vaalswart kroesies
bloubont mishandelde arms en oog
kale voete, nat van die vroegmôre dou

pyn straal uit haar hele lyf
en neergeslane blik
asof die wegkyk haar leed onsigbaar maak
raakvat hande wringend in haar skoot
met 'n wegkyk blik steeds
kom skor 'n aalmoes stem
Brand die vuur al?
Baas al koffie gemaak?
waar's die mies? wil darem net sê
hêppie hêppie vir die nuwe jaar
en die kinners, slaap hulle nog?
sal gou die koppies was vir 'n bietjie koffie
hêppie hêppie mies!
sal gou die koppies was vir bietjie koffie
is daar ietsie van gist'raant oor?
honger... dae laas geeët.

O, Antjie, my tweede ma
jy het my op jou rug gedra
aan die slaap gesus terwyl jy vloere vryf
my op jou skoot getel my trane gedroog
stories vertel en my ontydig, mompelend,
deur die veld help wegloop na Ouma
as my boude brand van die houtlepel...
die stoepvloer tot wit geskrop
as ek stokmannetjies geteken het
wasgoed tot kraakwit gebleik, ek sien dit nog
en elke Kersfees skitterstraal jy
oor jou rooi kopdoek en rok

Vandag dwaal jy al nikssiende maar tog
altyd op soek na iemand, altyd op soek na 'n bietjie gister...
Ek wens ek kon tyd se arms draai – terug
tot daar by soetpatats en boontjies kerf,
vroeg-vroeg oggend, voor opstaantyd,
die swart strykyster wat jy doef!    doef!  neersit
neersit op nog 'n skoolhemp, nog 'n skoolbroek....

Ek wens ek kon die gedwonge agteruitgang
vir ewig stop
die tussen-in tyd vir ewig uitwis...

Antjie... my bruin ma.



elle

PM

Die emosie en passievolle liefde wat uit hierdie gedig straal, het 'n knop in my keel en 'n traan op my wang.  Dit is so mooi geskryf Elle.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Baie mooi geskryf. Mooi goed is baie keer versteek in lelik. Ek het dit baie geniet, dankie.
:angel12: