• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

duik valsbaai

Started by AB, May 02, 2013, 12:02:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Ek was vandag see toe. windguru het voorspel die see gaan plat wees, hulle het gepraat van so 1,4 meter deining en 10 sekondes tussen die deinings.
so iets ken ons nie juis hier nie
Groot wa smy verbasing toe ek by die hawe in Grdonsbaai ( harbour island) kom en sien die see is nog platter as voorspel.

die foto is in die hawe geneem. plat water in die hawe




en die baai was ook plat, net so effense deining



ons het so 10 minute met die rubber boot gery tot iewers in die middel van nĂªrens. die mense wat weet het gelukkig geweet waar om te stop. ons het ons duikgoed aangetrek en in die water geval en af gegeen, tussen 15 en 17 meter diep.
diet het ons onder gesien. featherstar



en dit ook

rooi seafan






daars vreeslik baie van hierdie featherstars.



dis 'n rif wat die mense ontdek het in desember en hulle is die enigste wat nog daar geduik het en die was die 5 de duik daar op die rif. emns kan sien daar is nog geen skade aan die rif gedoen nie. niks is versteur nie.

daai swart see ster is 'n brittlestar



2 stukkies spons met nog brittle stars.



die water was nie baie skoon nie maar steeds was dit heerlik



nudibranch...soort naakslak







hier is 'n spons met 'n basketstar aan die anderkant en sy bene kruip oor die kant toe



hier kan jy sien hoe lyk die basketstar




nie 'n baie duidelik foto nie, die seestroom het my bietjie rond gewoel. ek dink dis 2 x gasflame nudibranc









dis die meeste seesterre wat ek nog bymekaar gesien het.



lyk soos die veld se plante of blomtuin





na 35 minute het ons begin koud kry, 13 grade gewees. sommige van ons luk het ook min geraak. die vrou is saam met my en nog 'n man eerste op pad terug boontoe. sy het eintlik 'n geel duikpak aan maar dit vertoon anders onder water. ek het nei 'n flits of flash gebruik om af te neem nie. as jy met 'n flits kyk na die goe dkom die regte kleur mooi helder uit.



toe ons bo kom was die water nog platter as voor ons ingegaan het



hier kan jy sien wat die regte kleur van die vrou se duikpak is



kyk net hoe plat kan valsbaai raak


Fransi


Y

Ja dit is omtrent pragtig.

Se^ my AB, daar op een van die foto's, laat ek probeer verduidelik watter een
http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/scuba%202013/07featherstar_zps1d008259.jpg

die Featherstar sit op 'n baie skerp rand, dit lyk soos 'n baksteenmuur, kan jy agterkom wat die struktuur is?

AB

Dit is 'n klip waarop hy sit. die 2 kleure bruin, klip en die wit is 'n groeisel van dalk alge op die klip.
baie van die klippe of rotse onder die see lyk my is maar die selle rotse as in die berge langsaan, die verskil is net in die see, veral op die kant, is hulle verweer soos die brnaders al bygekom het deur die jare saam.

Angelica

Dankie AB.
Hoop dit gaan nog lank so ongeskonde kan bly.
elle

PM

Werklik pragtige foto's AB.  Dankie vir die deel matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

plesier OM, ek leer darem elke keer iets by maar vergeet weer iets anders maa rop die ou end dink ek sal ek die fotos onder water heeltemal reg kry.

Ah Willa

Die mooiste foto's - so bly mense soos jy neem fotos daar onder die water,
want mense soos ek mag nooit gaan duik nie - ons longe het ons befoetered - my boet is 'n duik instructeer en weier om my te leer/afterig wat ook al, want my longe werk net 70% bokant die waters a.g.v asthma nonens - maar ek gebruik nog nooit in my lewe asthma meds nie ... ek bly calm en beweeg weg van die area waar dit begin het ... maar hy se al gebruik ek nie meds nie, mag ek nooit duik nie

darem kan ek jou foto's sien en ook syne en ander sin ... net soms wens ek, ek kon ook gaan self loer ... net soms....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

ja is so willa, mens se longe moet reg wees. laaste keer wat ek my longfunksie getoets het was dit so iets soos 115%. ek is dankbaar daarvoor.
dit bly maar heerlik lekker.