• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

vir die hoes

Started by Lox, August 19, 2011, 04:24:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Op Kirkwood, 'n plattelandse dorpie, waar die inwoners hoofsaaklik Afrikaansmagtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was,was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie. Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is.Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek. Die volgende  Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna leeg.Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek. Die koster sê hy het net vir hulle gesê, "For cough".
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Foeitog.   :sign10:  'n Mens kan net nie wen nie.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.