007 het 'n samestelling gemaak vir die ouens wat belangstel om hulle hand te waag aan die skryf van lirieke/melodie. Hoop dat die brokkies inligting handig te pas sal kom.
'n Liedjie is 'n huwelik tussen woorde en musiek sê 'n baie bekende kunstenaar. Die liedjieskrywer en musiek-enterpreneur Philip de Villiers, sê “liriekskrywers moet leer om hulle verbeelding te gebruik. Internasionale skrywers soos Bob Dylan en Tim Rice weet hoe om goeie metafore te skryf en hulle rymwoordeboeke te gebruik.” De Villiers benadruk ook egter dat daar ´n verskil is tussen lirieke en poësie: “Poësie kan baie ingewikkeld en kripties raak,
terwyl kommersieel-vatbare lirieke meer na ´n doodgewone gesprek moet klink.”
Daar is soveel riglyne in Engels beskikbaar maar weereens bitter min in Afrikaans.
Hierdie twee skakels wat vir my 'n oase is - is beslis die moeite werd om te besoek:
http://www.inspired-songwriting-tips.com/lyric-writing.html http://www.ehow.com/how_4541894_write-good-songs.html?ref=fuel&utm_sourc...
http://www.songwriting.net/blog/?Tag=lyric+writing Deur die lirieke van 'n lied vind daar 'n emosionele verbintenis met die luisteraar plaas.
En 'n trefferlied is die eindproduk waar ons die perfekte woorde met perfekte klank ingekleur het. Dit neem tyd om goeie lirieke te skryf.
Theuns Jordaan het die volgende wysheid kwytgeraak om oorhaastig te wil skep aan goeie lirieke: “Wanneer ’n mens dít doen, word oppervlakkige lirieke geskep. Dis liedjies soos kougom – wanneer jy die smaak eers uitgekou het, bly daar niks oor nie. Ek vat eerder my tyd.”
Kom ons kyk na die struktuur waarmee ons 'n liedjie kan skep.
Uiteensetting van sewe liriekvorme:
1. Vers/vers/vers/vers/vers *Bob Dylan & The Times Are A-Changin is 'n voorbeeld.
2. Vers/vers/refrein/vers (AABA) *Yesterday & era van Tim Pan Alley is voorbeelde.
3. Vers/refrein/vers/refrein/vers/refrein *Waylon Jennings Good Hearted Woman is 'n goeie voorbeeld.
4. Vers/refrein/vers/Brug/refrein *Mees gewildste en voorbeelde orals te vind.
5. Vers/voorgang tot refrein/refrein/vers/v tot r/refrein/brug/refrein *Baie gewild as luisterliedjie-formaat.
6. Refrein/vers/refrein/vers/refrein (ook genoem 'n rondo) *As jy nie baie lang lirieke het nie, is hierdie die vorm vir jou.
7. Refrein/vers/refrein/vers/refrein/vers/refrein/brug/refrein
*As jy die gehoor wil bekoor - gee hulle dan eerste die koor. Voorbeeld:
http://www.fredafrancis.co.za/albaste%20fles.htm (REËN NEER -MUSIEK & LIRIEK/FREDA FRANCIS ST)
Die gewildste strukture is 2, 4 en 5 en 7.
Variasies kom wel voor bv. waar 'n vers herhaal word aan die einde van voorbeeld 2. Voorbeeld 4 kan soms vers na die brug bevat. Voorbeeld 5 laat die brug en voorgang tot refrein aan die einde van die lirieke uit. Met voorbeeld 7 kan die refrein tot 4x herhaal word, veral met geestelike liedere.
KOM ONS BEGIN SKRYF: *Titel: Met die titel vertel jy aan die luisteraars waaroor jou lied gaan. Die titel vorm ook 'n belangrike deel van refrein en vir impak word hierdie belangrike woord(e) gewoonlik weer herhaal in die begin/einde of beide in die refrein. Dit is jou fokospunt waarom die lirieke draai.
*Naderlok-woord (Hook): Soms is die titel ook die naderlok-woorde (hook) wat lank na die liedjie geluister is, nog draai in jou kop. Kan ook gebruik word as die laaste woorde van jou lirieke vir die finale impak. Dit kan egter ook enige ander plek in die lirieke voorkom.
Voorbeelde: "Whooo" van die Beatles "I Want To Hold Your Hand," en "Yea Yea Yea" in "She Loves You,"
*Verse: Die interne struktuur waarmee jy jou storie aan die luisteraars oordra. Daar is nie 'n vasgestelde reel vir hoeveel verse voor jy die refrein inbring nie. Hier kan jy na hartelus woeker met jou storielyn van wie, wat, waar, wanneer, waarheen en met goedgekose rymvorme wat bydrae tot die gemaklike luister en vloei van jou lirieke. Onthou ook om ingedagte hou dat alle stories het 'n begin, middelpunt en einde. Moet nie verveel met oorbekende uitdrukkings. Wees uniek in jou woordkeuses.
*Brug: Hierdie gedeelte van jou lirieke vorm 'n brug tussen die vers en refrein, om die luisteraar na 'n nuwe dimensie te voer voor die aanvang van die refrein. Kan gebruik word as verrassings-element om jou storie saam te snoer. Dit is dan ook hier waar jy nuwe akkoorde en ritme kan inbring vir afwisseling in jou skepping. Gewoonlik nie meer as vier reels nie en moet nie jou titel hier herhaal nie! Kan ook bestaan uit slegs 'n instrumentale bydrae.
*Koor/refrein Die emosionele hoogtepunt van jou lied. Hier kan jy maar die helderste kleur mildelik gebruik!! Hierdie deel van enige lied is die eerste gedeelte wat mense die ore laat spits en weens die herhaling laat saam sing/neurie. Die herhaling van die titel en sekere frases in die koor is jou instrument om die luisteraar nader te lok en die aandag gevange te hou.
RIGLYNE OM DIE SKRYF VAN LIRIEKE BAAS TE RAAK: Neem bestaande liedjies en skryf nuwe lirieke as oefening. Oor en oor en oor...
Kyk na die metrum en rym wat voorkom.
Gaan graaf op die internet vir lirieke en klank van jou eie musieksmaak. Luister na die musiek en volg die woorde.
Let veral op die struktuur wat gevolg word. Na-aap hierdie strukture vir oefening en probeer soveel as moontlik om verskillende strukture te oefen met jou eie woorde.
'n Kunstenaar in die bedryf stel voor dat jy hierdie lirieke met die hand oorskryf sodat jy een kan raak met die woorde en gevoel. Word een met jou innerlike gevoelens. Gebruik jou verbeelding en vergeet wat die onderwysers vir jou op skool ingehammer het: LET OP EN KYK VOOR JOU ....
Nou is die tyd waar jy om jou mag kyk en weggevoer word na vreemde oorde en beelde met jou drome...
'It rises, it grows, I hear and see the image in front of me from every angle, as if it had been cast like a sculpture, and only the labor of writing it down remains…" - Beethoven
Die volgende vry vertaalde lirieke is 'n tipiese werklied van die ou Egiptiese landvolk agter die ploeg:
“Dit is ’n koel en goeie dag.
Die beeste trek die ploeg met krag,
die weer is nes ons dit begeer —
Kom laat ons werk vir ons edele heer!”
Hier is 'n skakel na lirieke met klank wat 'n uitstekende wegspringplek is: Kliek regs op een van die titels om te luister
http://www.songmd.com/songs.shtml *VOORGESTELDE RIGLYNE VIR 'N EENVOUDIGE MELODIE: Hou pen en papier byderhand wanneer jy die eerste akkoorde begin oefen. Hou dit eenvoudig:
VERS': GGCGD
REFREIN: GCGCD
Gebruik afwisseling om verveling te voorkom.
Hier is 'n paar skakels waar julle verder kan gaan kersopsteek om jou woorde met klank in te kleur:
http://www.ehow.com/video_2374601_write-country-song-structure.html http://www.ehow.com/how_2050885_write-blues-song.html?ref=fuel&utm_sourc...
http://www.ehow.com/how_4894383_write-gospel-songs.html?ref=fuel&utm_sou...
http://www.videojug.com/film/how-to-write-a-song-with-chords Hierdie skakel is 'n pragtige voorbeeld waar julle die verskil kan hoor tussen die melodie van vers/voorgang tot refrein/refrein. Die kunstenaressie is nog besig met die saamstel van die lied en neem jou saam deur die proses:
http://www.youtube.com/watch?v=a3Fc1LtRV4E Om jou skepping te beskerm:
http://www.cleverjoe.com/musician_resource/2005/02/music-copyright-what-...