• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Richtersveld..

Started by Angelica, April 27, 2011, 10:42:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


Klip op klip
lawa gestol tot ysterklip
graniet, marmer en kwartsiet
ook dolomiet

en stil
met tyd
sonder taal of skuif
word oerklip klipwoestyn

Die mis vanuit die Benguela-stroom
sleep sy nat tone oor 'n dorstig landskap,
bos, gousblom en veld
bo-oor Kamassies, Spoegberg, Klipfontein,
Moedverloor se vlakte
'n lafenis voor die bakoond dag
'n halfmens smeek na bo
vir nog 'n bietjie vog

'n Boerbok se bler verdwaal
tussen swart verbrande rante
waar 'n kras son klippe kraak
middaghitte laat drogbeelde dans
en die anoreksiese skadu's
word deur elke wese geannekseer
selfs 'n geitjie soek 'n skadukol
in die bars van 'n rooibruin rots

'n Swanger stilte slaan sonbesie skril
teen jou oordrom

Wie weet
dalk sien jy ook die diamant se blink
in die bar van 'n klipwoestyn

++++
elle

PM

Dit is pragtig.  Jy neem my op 'n toer met jou woorde en die heimwee klop fel aan my gemoed.  Ek verlang ook na jou. 
Dit is pragtig.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

'n Foto-album vir my gegee
Ek lees en dors na meer.

Dis asof ek self in daardie woesterny staan.

Ek het begin dig omdat ek nie 'n kamara by my gehad het nie en beelde wou onthou. Hierdie gedig is vir my 'n album in die kleine.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

en ek lees dit ook weer 'n keer en smag ook na meer!   

Om te weet is om te verstaan.

Louis

dit is nou n ongelooflike gedig oor n ongelooflike pragtige plek

adele

hier knieknik ek stom en wag-

selfs 'n geitjie soek 'n skadukol
in die bars van 'n rooibruin rots-

elke beeld is 'n prentjie geraam

:grommit:
adéle  :grommit:

Fransi

Besonders geskryf. Hier haal ek my hoed af en lees en herlees.

bloubefoeterd


PM

Ek wil ook nog 'n eiertjie lê.  Dit is 'n besonderse gedig.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.